\Url@do

Kwantumberekening

J Heidema
Departement Wiskundige Wetenskappe
PH Potgieterthanks: Outeur aan wie korrespondensie gerig kan word.  en WL Fouché
Departement Kwantitatiewe Bestuur, Universiteit van Suid-Afrika, Posbus 392, Unisa 0003
E-pos: potgiph@unisa.ac.za

Uittreksel
Daar is geen gebrek aan dekking in die laaste paar jaar in wetenskaplike joernale van die onderwerp van kwantumberekening nie. Tereg ook, want dit is ’n nuwe idee met—tot sover—minstens één baie belangrike praktiese toepassing (ontbinding in priemfaktore) sodra die tegnologie redelik omvattende berekenings kan hanteer. Die belangstelling in kwantumverwerking is aangevuur deur beide die besef dat die toenemende miniaturisering noodwendig rekenaarwetenskaplikes met kwantumverskynsels sal konfronteer, en deur die begryp van die potensiaal van massief parallelle verwerking deur die gebruik maak van die Hilbert-ruimtevoorstelling van kwantumstelsels en die spesiale eienskappe van kwantumverstrengeling. Die onderwerp lê by die sameloop van fisika, rekenaarwetenskap en wiskunde en hierdie bydrae verken die idees van dié drie gebiede wat die belangrikste rol in kwantumberekening speel en besin oor die definisies van en die waarskynlike gebruik vir kwantumverwerking asook sy verhouding tot die klassieke berekeningskompleksiteit. Ten slotte word ’n uitgebreide geannoteerde bibliografie verskaf as gids vir die geïnteresseerde leser tot die literatuur in dié onderwerp.


Abstract
Quantum computing
There has been no lack of coverage in the past few years in scientific journals of the topic of quantum computation. Rightly so, as this is a novel idea with—so far—at least one very important practical application (prime factorisation) as soon as the technology can accommodate reasonably sized computations. Interest in quantum computing has been sparked by both the realization that increasing miniaturisation will eventually bring computer scientists face-to-face with quantum effects, and by the grasping of the potential for massive parallelism inherent in the Hilbert space representation of quantum systems and in the special effects of quantum entanglement. The topic lies at the confluence of physics, computer science and mathematics and this contribution reviews the ideas from these three fields that play the most important role in quantum computation and reflects on the definitions of and prospective use for quantum computing as well as its relation to classical computational complexity. Finally, an extended annotated bibliography is provided as a guide for the interested reader to the literature in the subject.

1 INLEIDING

Let ’n mens op publikasies in die kwantumfisika, dan val dit op dat daar nou ’n vloedgolf van artikels verskyn oor kwantumberekening en -rekenaars, asook oor verwante sake soos kwantuminligting, -kommunikasie, -kriptografie en -verplasing (”teleportasie”). In hierdie artikel word die grondbeginsels van kwantumberekening uiteengesit en eenvoudig geïllustreer. Om alles in besonderhede te volg, is soveel kennis van die lineêre algebra (vektore en matrikse) nodig as wat gewoonlik in twee jaar se wiskunde op universiteit geleer word.

Kwantumberekening behels méér as net die feit dat komponente van rekenaars so klein gemaak word dat kwantumeffekte ’n rol begin speel. Dit benut op ’n wesenlike wyse dié kenmerkende eienskap van ’n saamgestelde kwantumstelsel, naamlik die moontlikheid van verstrengelde toestande van die geheel, wat gelyktydig ’n groot aantal verskillende konfigurasies van toestande van komponente interfererend laat ontwikkel—en ’n uitkoms kan laat bereken, as die stelsel reg ontwerp en gebruik word. Daar is, teoreties gesproke, groot belofte in kwantumberekening, maar ook, prakties gesproke, groot probleme vir die kwantumingenieur.

2 KLASSIEKE BEREKENING

Wat is, in die algemeen, ’n berekening? Ons het op skool sommige soorte van berekening bemeester, soos die algoritmes vir vermenigvuldiging en langdeling van getalle. Allerlei hulpmiddels vergemaklik berekening: pen en papier, ’n abakus, ’n rekenaar. Maar elke berekening, hoe dit ook al uitgevoer word, is ’n proses waarin ’n eindige string (”woord”, rytjie) simbole omskep word in ’n soortgelyke string. Nou praat ons van ”klassieke”berekening, wat nie die kwantumteorie betrek nie. ’n String is dan ’n eindige ry van simbole uit ’n eindige alfabet, terwyl mens, om oop ruimte te skep vir die bewerking van die string, mag aanneem dat enige aantal blanko simbole (m.a.w. ”niks”, oop plekke) voor en agter aan die string gelas mag word:

\cdots 11\ 1\ 11\ 1\ 000\ 11\ 1\ \cdots

Hierdie string kan ons kortweg skryf as (1;1;0;1),1101(1;1;0;1), of sommer 110111011101.

Die string waarmee ’n berekening begin, noem ons soms die invoer, of gegewene, premisse, probleem, data, ens., afhangende van die aard van die berekening wat daarop toegepas moet word. Die string waarmee die berekeningsproses eindig, noem ons die afvoer, resultaat, konklusie, antwoord, beslissing, ens., terwyl tussenstappe in die berekening deurvoere lewer. Die berekeningsproses self, wat die invoer (gewoonlik met tussenstappe) transformeer tot die afvoer, noem ons soms ’n prosedure, algoritme, of program, waarby onderskei moet word tussen ’n beskrywing of spesifikasie van die prosedure (gewoonlik vir verskillende moontlike invoere) en ’n uitvoering van die prosedure (vir een besondere invoer).

Die uitvoering van ’n prosedure (program, ”sagteware”, selfs ”Turing-masjien”, op ’n spesifieke invoer) in die fisiese werklikheid verg ’n fisiese stelsel, ’n rekenaar, mens of masjien, asook die volgende verbande: die invoer word gerepresenteer deur ’n fisiese toestand van (’n deel van) die rekenaar; ooreenkomstig die prosedure verander die toestand van die rekenaar, gewoonlik stap vir stap, om die opeenvolgende deurvoere te representeer soos hulle deur die ”stroombaan”van die rekenaar vloei; en die rekenaar bereik ’n eindtoestand wat (met ’n deel daarvan) die afvoer fisies representeer. Die program self word gewoonlik ook fisies in die rekenaar gerepresenteer as deel van die rekenaar se toestand en lei die hele prosedure van begintoestand tot eindtoestand. ’n ”Meerdoeligeöf üniversele”rekenaar kan verskillende programme uitvoer, terwyl ’n ëendoelige”rekenaar (dalk ’n ”module”binne-in ’n universele rekenaar) een program uitvoer, wat in sy stroombaan vasgelê (”hardwired”) is.

Ons gee twee eenvoudige voorbeelde van berekening. ’n Voorbeeld uit die elementêre rekenkunde:

137×291=39867.13729139867137\times 291=39867.

Die invoer hier is die string 137;291137291137;291. Die simbole ×\times en == dui op die transformasieprosedure ”vermenigvuldiging”. Die afvoer is die string 398673986739867.

’n Voorbeeld uit die proposisielogika:

p𝑝p
pq¯¯𝑝𝑞\underline{p\rightarrow q}
qthereforeabsent𝑞\therefore\ q

Die invoer is die string p;pq𝑝𝑝𝑞p;p\rightarrow q, genoem die premisse; die afvoer is q𝑞q, genoem die konklusie; en die horisontale streep en die simbool therefore\therefore dui op die transformasieprosedure ”logiese afleiding”, wat sê dat as ons die bewering ”p𝑝p”weet of aanneem, asook äs p𝑝p, dan q𝑞q”, dan mag ons die gevolgtrekking ”q𝑞q”maak. Ons het hier voorbeelde van berekeningsprosesse wat op verskillende invoere van toepassing is: as ons weet hoe om te vermenigvuldig (waarvoor ons die tussenstappe nie hierbo uitstippel nie!), dan kan ons enige twee getalle vermenigvuldig; en as ons bostaande logiese deduksiereël (wat logici modus ponens noem, sonder tussenstappe) ken, dan kan ons dit op enige twee bewerings p𝑝p en q𝑞q toepas.

Ons merk op dat die alfabet van simbole beperk mag word tot {0;1}01\{0;1\} (of {0;1;b}01𝑏\{0;1;b\}, as die blanko simbool ’n naampie verdien). Enige eindige string oor enige eindige alfabet kan gekodeer word as ’n eindige string van nulle en ene — soos dit trouens fisies gerepresenteer word in ons gewone rekenaars.

Die wiskundige Alan Turing het in 1936 ’n skerpsinnige konseptuele ontleding gemaak van berekening, d.w.s. die transformasieprosedure van ’n invoerstring na ’n afvoerstring, wat aanneemlik maak dat enige berekening op die simboliese vlak uitgevoer kan word deur ’n eenvoudige soort abstrakte ”rekenaar”, bekend as ’n Turing-masjien (kortweg TM), wat opeenvolgende elementêre stappe in die transformasie van die string uitvoer en dan halt roep as die afvoerstring bereik is. Intuïtief kan ons aan ’n TM en sy funksionering soos volg dink: Die eindige (invoer-, deurvoer-, en afvoer-) stringe van nulle en ene kom voor op ’n lineêre band, potensieel oneindig lank na links en na regs, verdeel in selle (hokkies) wat elkeen een simbool bevat of blanko is. Die TM het ’n eindige aantal toestande of interne konfigurasies, en ’n ”kop”, wat tydens elke stap van die berekening na net een van die selle op die band ”kykën daardie sel se simbool (0,1ofb)01of𝑏(0,1\ \text{of}\ b) lees. Die TM het ook ’n eindige lys instruksies of oorgangsreëls, ’n program, wat vir elke moontlike toestand qisubscript𝑞𝑖q_{i} en vir elk van die simbole wat die kop kan sien, sê Sjsubscript𝑆𝑗S_{j}, óf geen instruksie bevat nie—in welke geval die TM dadelik halt wanneer dit in toestand qisubscript𝑞𝑖q_{i} simbool Sjsubscript𝑆𝑗S_{j} sien—óf ’n instruksie bevat van presies een van die volgende drie vorme:

(1) qiSjSkqsubscript𝑞𝑖subscript𝑆𝑗subscript𝑆𝑘subscript𝑞q_{i}S_{j}S_{k}q_{\ell} : vervang simbool Sjsubscript𝑆𝑗S_{j}\ in die sel waarna jy kyk met simbool Sksubscript𝑆𝑘S_{k} en gaan dan oor in toestand q,subscript𝑞q_{\ell}, terwyl
jy na dieselfde sel bly kyk;
(2) qiSjRqsubscript𝑞𝑖subscript𝑆𝑗𝑅subscript𝑞q_{i}S_{j}Rq_{\ell} : los simbool Sjsubscript𝑆𝑗S_{j}\ waar dit is, beweeg die kop een sel na regs en gaan oor in toestand q;subscript𝑞q_{\ell};
(3) qiSjLqsubscript𝑞𝑖subscript𝑆𝑗𝐿subscript𝑞q_{i}S_{j}Lq_{\ell} : soortgelyk, maar nou een sel na links.

So bv. beteken die instruksie q1b1q2subscript𝑞1𝑏1subscript𝑞2q_{1}b1q_{2}: as jy in toestand q1subscript𝑞1q_{1} is en jou kop kyk na ’n blanko sel, skryf ’n 111 in daardie sel, hou aan om na daardie sel te kyk, en gaan oor in toestand q2subscript𝑞2q_{2}.

’n Berekening van die TM begin, bv., met die kop oor die eerste nie-blanko sel van links in die invoerstring en die masjien in toestand q0subscript𝑞0q_{0}. Hy sien in daardie sel bv. ’n 00. In sy program vind hy die opdrag q00 1q2subscript𝑞001subscript𝑞2q_{0}0\,1q_{2}. Hy verander die 00 na 111 en gaan in toestand q2subscript𝑞2q_{2}. Nou is hy in toestand q2subscript𝑞2q_{2}, sien ’n 111, en moet die volgende stap in die berekening uitvoer. Hy soek ’n opdrag q21q_{2}1\cdot\cdot in sy program. As hy dit vind, voer hy dit uit; ensovoorts. As die TM in toestand qisubscript𝑞𝑖q_{i} die simbool Sjsubscript𝑆𝑗S_{j} in die betrokke sel sien en geen opdrag qiSjq_{i}S_{j}\cdot\cdot\ in sy program vind nie, dan halt hy. Die string op die band as die TM halt, is die afvoerstring, waarna die berekening eindig vir die invoerstring waarmee begin is. (’n ”Swak”program kan natuurlik ’n TM in ’n oneindige lus laat beland wat nooit halt nie!)

Om saam te vat: ’n berekening deur ’n TM, as transformasie van ’n invoerstring tot ’n afvoerstring, vind in ’n eindige opeenvolging van tussenstappe plaas, elk waarvan net een simbool betrek en bepaal word deur een instruksie in die TM se program, waarna in die volgende stap dieselfde sel of die een net links of net regs daarvan aan die beurt kom. Daar bestaan goeie redes om te aanvaar dat enige prosedure wat ons ’n (klassieke) berekening sou noem, deur so ’n TM-berekening gesimuleer kan word. ’n Mens kan selfs op ’n konstruktiewe wyse bewys dat daar ’n universele TM bestaan, een Turing-masjien, sê T𝑇T, wat die berekeningsgedrag van enige Turing-masjien X𝑋X op die volgende wyse kan simuleer: ’n invoerstring vir T𝑇T bestaan uit twee deelstringe, nl. die invoerstring Y𝑌Y waarop die berekening (soos deur X𝑋X) gedoen moet word, en ’n deelstring wat X𝑋X beskryf. T𝑇T doen dan met Y𝑌Y wat (die ”program”) X𝑋X daarmee sou doen en produseer dié afvoerstring wat X𝑋X sou lewer. Ons gewone tafelrekenaar is dan vir berekeningsdoeleindes ekwivalent aan ’n universele TM — behalwe dat eersgenoemde net ’n eindige ”band”(geheue en werkruimte) het, teenoor die TM se potensieel onbeperkte aantal selle op sy band.

Bostaande uitleg van klassieke berekening as berekening deur ’n (universele) Turing-masjien is eenvoudig en fundamenteel en spreek sterk tot ons intuïsie oor wat berekening is. Daar bestaan ook ander, ekwivalente, formele rekonstruksies van die informele begrip berekenbaarheid. Op sommige daarvan, soos algemene rekursiwiteit of λ𝜆\lambda-definieerbaarheid, wil ons nie hier ingaan nie. Maar ons wil ’n ander, ook ekwivalente, wiskundige beskrywing van berekening gee, wat aan die een kant sterk aansluit by Turing se benadering (manipulasie van stringe simbole), maar, aan die ander kant, klassieke berekening beskryf met presies dié soort wiskundige parafernalia wat noodsaaklik is vir die beskrywing van kwantumberekening.

3 KLASSIEKE BEREKENING MET VEKTORE

’n Berekening kan ook ontleed word as bestaande uit meer algemene stappe as dié van ’n TM, stappe waarby die hele string in elke stap getransformeer word en nie net hoogstens een simbool per stap nie. Aan die ander kant gaan ons ontleding nou meer beperkend raak as dié met ’n TM, want die stringe gaan as vektore in ’n vektorruimte gesien word wat slegs lineêre transformasies ondergaan. Dit beteken dat in elke berekeningstap die nuwe string op ’n heel spesifieke algebraïese wyse uit die oue gekonstrueer word — en nie deur sommer enige eensellige verandering, soos deur ’n TM toegelaat nie. Om meer presies te wees: daar kan bewys word dat enige formele (bv. TM-) berekening soos volg logies gerekonstrueer kan word:

  • die invoer-, deurvoer- en afvoerstringe is vektore in ’n sekere vektorruimte;

  • die berekening, invoer maps-to\mapsto afvoer, word uitgevoer deur die invoervektore deur ’n logiese ”stroombaan”(met seriële en parallelle skakeling) te stuur;

  • elke node in die stroombaan (gesien as ’n gerigte grafiek) is ’n omkeerbare logiese hek;

  • ’n omkeerbare logiese hek moet, in hierdie konteks, ’n nie-singuliere lineêre transformasie wees, voorgestel deur ’n inverteerbare matriks.

Dit alles sal ons nou in meer besonderhede verduidelik.

Aan die versameling van alle eindige stringe (van enige eindige lengte) van nulle en ene, kan ons dink as ’n vektorruimte, formeel die tensorsom van alle eindigdimensionele vektorruimtes oor die liggaam van skalare 2={0;1}subscript201\mathbb{Z}_{2}=\{0;1\}. 2subscript2\mathbb{Z}_{2} het die volgende rekenkunde:

0+000\displaystyle 0+0 =0absent0\displaystyle=0
0+101\displaystyle 0+1 =1= 1+0absent110\displaystyle=1\ =\ 1+0
1+111\displaystyle 1+1 =0absent0\displaystyle=0
a𝑎\displaystyle-a =aabsent𝑎\displaystyle=a
0×a0𝑎\displaystyle 0\times a =0=a×0absent0𝑎0\displaystyle=0\ =\ a\times 0
1×a1𝑎\displaystyle 1\times a =a=a×1absent𝑎𝑎1\displaystyle=a\ =\ a\times 1

Die twee simbole 00 en 111 staan bekend as bisse (vir ”binêre syfers”, in Engels ”bits”vir ”binary digits”).

Om die verduideliking eenvoudig, maar darem nie heeltemal triviaal nie, te hou, kies ons hoofsaaklik voorbeelde uit en definieer begrippe vir die eksemplariese deelruimte V2={(0;0);(0;1);(1;0);(1;1)}subscript𝑉200011011V_{2}=\{(0;0);(0;1);(1;0);(1;1)\} van die vier tweedimensionele vektore (stringe van bisse) oor 2subscript2\mathbb{Z}_{2}; V2={(x;y)|x,y2}subscript𝑉2conditional-set𝑥𝑦𝑥𝑦subscript2V_{2}=\{(x;y)\,|\,x,y\in\mathbb{Z}_{2}\}.

’n Algemene logiese hek of Boole-funksie is enige funksie h:VmVn:subscript𝑉𝑚subscript𝑉𝑛h:V_{m}\rightarrow V_{n}. Daar is 44=256superscript442564^{4}=256 logiese hekke h:V2V2:subscript𝑉2subscript𝑉2h:V_{2}\rightarrow V_{2} (vir stringe van lengte twee), want elk van die vier vektore kan op enigeen van hulle afbeeld. ’n Omkeerbare logiese hek is een waarvan die inverse ook ’n logiese hek is, d.w.s. ’n bijeksie (injektiewe en surjektiewe funksie) h:V2V2:subscript𝑉2subscript𝑉2h:V_{2}\rightarrow V_{2}. Van die 256256256 hekke is net 4!=4×3×2×1=2444321244!=4\times 3\times 2\times 1=24 omkeerbaar, (want geen twee verskillende stringe mag op dieselfde een afbeeld nie, sodat die invoer eenduidig vanuit die afvoer herwin kan word). ’n Logiese hek wat nie omkeerbaar is nie, verloor inligting wanneer ’n string deur hom gaan, omdat sy invoer nie (altyd, volledig) vanuit sy afvoer gerekonstrueer kan word nie. ’n Fisiese stelsel wat ’n nie-omkeerbare logiese hek se invoer-afvoer-gedrag realiseer, bring ook noodwendig volgens sommige kenners hitte voort, d.w.s. verkwiste energie wat ’n oorlas word. In die 1950’s, byvoorbeeld, het John von Neumann geskryf dat elke logiese bewerking deur ’n rekenaar by konstante temperatuur ’n vaste minimum-hoeveelheid energie moet verstrooi. Dat dit egter nié so is nie, is al in 1961 deur Rolf Landauer uitgewys. Volgens Landauer was dit nie berekening op sigself nie, maar die uitwis van inligting wat die hitte sou genereer. Charles Bennett toon in 1973 aan dat alle Turing-masjienberekening deur omkeerbare Turing-masjiene gedoen kan word, sonder hitteverstrooiing. Kwantumberekening is uit die aard van die saak (sien later) omkeerbaar en vermy in beginsel die hitteverstrooiing wat met gewone berekening gepaardgaan.

Ons kan die stringetjie simbole xy𝑥𝑦xy voorstel deur die ryvektor (x;y)𝑥𝑦(x;y), maar wanneer ons die vektore van links met matrikse vermenigvuldig moet ons die, getransponeerde, kolomvektor gebruik:

(x;y)T=(xy).superscript𝑥𝑦𝑇𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression(x;y)^{T}=\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right).

’n Lineêre logiese hek is ’n lineêre transformasie a:V2V2,(x;y)T(x;y)T:𝑎formulae-sequencesubscript𝑉2subscript𝑉2maps-tosuperscript𝑥𝑦𝑇superscriptsuperscript𝑥superscript𝑦𝑇a:V_{2}\rightarrow V_{2},\ (x;y)^{T}\mapsto(x^{\prime};y^{\prime})^{T}, wat voorgestel kan word as vermenigvuldiging van die kolomvektor van links met ’n matriks A𝐴A; A(x;y)T=(x;y)T𝐴superscript𝑥𝑦𝑇superscriptsuperscript𝑥superscript𝑦𝑇A(x;y)^{T}=(x^{\prime};y^{\prime})^{T}, of

A(xy)=(a11a12a21a22)(xy)=(a11x+a12ya21x+a22y)=(xy).𝐴𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpressionsubscript𝑎11subscript𝑎12subscript𝑎21subscript𝑎22𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpressionsubscript𝑎11𝑥subscript𝑎12𝑦subscript𝑎21𝑥subscript𝑎22𝑦superscript𝑥missing-subexpressionsuperscript𝑦missing-subexpressionA\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)=\left(\begin{array}[c]{rr}a_{11}&a_{12}\\ a_{21}&a_{22}\end{array}\right)\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)=\left(\begin{array}[c]{c}a_{11}x+a_{12}y\\ a_{21}x+a_{22}y\end{array}\right)=\left(\!\begin{array}[]{rr}x^{\prime}\\ y^{\prime}\end{array}\!\right).

Van die 256256256 logiese hekke is 161616 lineêr, want daar is 161616 matrikse met vier inskrywings aijsubscript𝑎𝑖𝑗a_{ij} uit 2subscript2\mathbb{Z}_{2}. Van hierdie 161616 lineêre hekke is 101010 singulier, ofte wel nie omkeerbaar nie. Dit gebeur as det(A)=0𝐴0\det(A)=0, wat die geval is as A𝐴A vier of drie nulle het, of twee nulle in dieselfde ry of kolom, of geen nulle nie. Die 666 omkeerbare lineêre logiese hekke het nie-singuliere (inverteerbare) matrikse met determinant 111. Ons noem dié 666 matrikse I,J,K,L,M,N𝐼𝐽𝐾𝐿𝑀𝑁I,J,K,L,M,N en vertel hoe hulle ’n string (x;y)Tsuperscript𝑥𝑦𝑇(x;y)^{T} (enigeen van die vier) verwerk tot (x;y)Tsuperscriptsuperscript𝑥superscript𝑦𝑇(x^{\prime};y^{\prime})^{T}:

I(xy)𝐼𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression\displaystyle I\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right) =(1001)(xy)=(xy);absent1001𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression\displaystyle=\left(\begin{array}[c]{rr}1&0\\ 0&1\end{array}\right)\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)=\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right);
J(xy)𝐽𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression\displaystyle J\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right) =(0110)(xy)=(yx);absent0110𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression𝑦missing-subexpression𝑥missing-subexpression\displaystyle=\left(\begin{array}[c]{rr}0&1\\ 1&0\end{array}\right)\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)=\left(\!\begin{array}[]{rr}y\\ x\end{array}\!\right);
K(xy)𝐾𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression\displaystyle K\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right) =(1110)(xy)=(x+yx);absent1110𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression𝑥𝑦missing-subexpression𝑥missing-subexpression\displaystyle=\left(\begin{array}[c]{rr}1&1\\ 1&0\end{array}\right)\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)=\left(\!\begin{array}[]{cc}x+y\\ x\end{array}\!\right);
L(xy)𝐿𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression\displaystyle L\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right) =(0111)(xy)=(yx+y);absent0111𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression𝑦missing-subexpression𝑥𝑦missing-subexpression\displaystyle=\left(\begin{array}[c]{rr}0&1\\ 1&1\end{array}\right)\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)=\left(\!\begin{array}[]{cc}y\\ x+y\end{array}\!\right);
M(xy)𝑀𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression\displaystyle M\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right) =(1101)(xy)=(x+yy);absent1101𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression𝑥𝑦missing-subexpression𝑦missing-subexpression\displaystyle=\left(\begin{array}[c]{rr}1&1\\ 0&1\end{array}\right)\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)=\left(\!\begin{array}[]{cc}x+y\\ y\end{array}\!\right);
N(xy)𝑁𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression\displaystyle N\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right) =(1011)(xy)=(xx+y).absent1011𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression𝑥missing-subexpression𝑥𝑦missing-subexpression\displaystyle=\left(\begin{array}[c]{rr}1&0\\ 1&1\end{array}\right)\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)=\left(\!\begin{array}[]{cc}x\\ x+y\end{array}\!\right).

Hierdie ses matrikse vorm ’n groep onder matriksvermenigvuldiging, wat weer die seriële skakeling van hekke voorstel:

(BA)(xy)=B[A(xy)];𝐵𝐴𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression𝐵delimited-[]𝐴𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression(BA)\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)=B\left[A\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)\right];

eers word (x;y)Tsuperscript𝑥𝑦𝑇(x;y)^{T} deur hek A𝐴A gejaag en die resultaat daarna deur hek B𝐵B. Maar elke produk van enige aantal van die ses hekke is weer een van hulle, bv. K(LM)=KJ=M𝐾𝐿𝑀𝐾𝐽𝑀K(LM)=KJ=M. Elke direk opeenvolgende skakeling van enige aantal in enige seriële orde is dus ekwivalent met ’n enkele hek. Verder is I,J,M𝐼𝐽𝑀I,J,M en N𝑁N elkeen sy eie inverse, terwyl K𝐾K en L𝐿L mekaar se inverses is. Verskeie ondergroepe met twee of drie (die delers van ses) elemente bestaan.

Die hek N:(x;y)T(x;x+y)T:𝑁maps-tosuperscript𝑥𝑦𝑇superscript𝑥𝑥𝑦𝑇N:(x;y)^{T}\mapsto(x;x+y)^{T} heet die ”beheerde-nie-hek”(BNIE, in Engels CNOT of ”controlled not-gate”) en kan skematies in ’n stroombaan soos volg voorgestel word:

x𝑥absentx\rightarrow
y𝑦absenty\rightarrow
N𝑁\ N\
xabsent𝑥\rightarrow x
x+yabsent𝑥𝑦\rightarrow x+y

Omdat 00 en 111 in die logika önwaarën ”waar”voorstel, kan ons die hek N𝑁N ook definieer deur die volgende ”waarheidstabel”:

x𝑥\ x\ y𝑦\ y\ xsuperscript𝑥\ x^{\prime} ysuperscript𝑦\ y^{\prime}
00 00 00 00
00 111 00 111
111 00 111 111
111 111 111 00

Let op dat

  • x=x𝑥superscript𝑥x=x^{\prime} onveranderd deur die hek gaan;

  • y=x+ysuperscript𝑦𝑥𝑦y^{\prime}=x+y, waar ++ optelling modulo 222 in 2subscript2\mathbb{Z}_{2} is, maar ook as die logiese bewerking ëksklusiewe disjunksie”(in Engels XOR) gesien kan word, m.a.w. ”x𝑥x of y𝑦y, maar nie beide nie”;

  • x=0y=y𝑥0𝑦superscript𝑦x=0\Rightarrow y=y^{\prime} en x=1yy𝑥1𝑦superscript𝑦x=1\Rightarrow y\not=y^{\prime}, sodat x𝑥x se waarde dus ”beheeröf die ”teiken”y𝑦y dieselfde moet bly of in nie-y𝑦y moet verander.

’n Ander eienskap wat ’n omkeerbare lineêre logiese hek (nie-singuliere matriks) kan hê, is unitariteit. By kwantumberekening word hierdie begrip essensieel. Daar word dit wel anders gedefinieer (omdat ons daar met vektorruimtes oor die komplekse getalle \mathbb{C} sal werk), maar in ons eenvoudige klassieke konteks is matriks A𝐴A unitêr as A1=ATsuperscript𝐴1superscript𝐴𝑇A^{-1}=A^{T}, m.a.w. A𝐴A se inverse is sy getransponeerde, daardie matriks waarvan, vir elke i𝑖i, sy i𝑖i-de kolom die i𝑖i-de ry van A𝐴A is. Onder ons ses betrokke matrikse is net twee unitêr, nl. I𝐼I en J.𝐽J. ’n Unitêre matriks behou die norm (lengte) van elke vektor waarop hy inwerk.

’n Logiese stroombaan hoef hekke nie net serieel te skakel nie, maar die baan kan splits (vertak, uitwaaier) in parallelle takke, waarby dieselfde string parallel na twee of meer hekke gestuur word. Dit kan sommer gedoen word deur die regte konfigurasie van ”drade”vir die stroombaan. Maar as mens dit tog wiskundig wil voorstel, is vermenigvuldiging met ’n ander soort matriks gepas, bv.

(II)(xy)=(10011001)(xy)=(xyxy).𝐼missing-subexpression𝐼missing-subexpression𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression10missing-subexpressionmissing-subexpression01missing-subexpressionmissing-subexpression10missing-subexpressionmissing-subexpression01missing-subexpressionmissing-subexpression𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression𝑥missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝑦missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝑥missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝑦missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression\left(\!\begin{array}[]{rr}I\\ I\end{array}\!\right)\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)=\left(\!\begin{array}[]{rrrr}1&0\\ 0&1\\ 1&0\\ 0&1\end{array}\!\right)\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)=\left(\!\begin{array}[]{rrrr}x\\ y\\ x\\ y\end{array}\!\right).
xy𝑥absent𝑦absent\begin{array}[c]{r}x\rightarrow\\ y\rightarrow\end{array} (II)𝐼missing-subexpression𝐼missing-subexpression\left(\!\begin{array}[]{rr}I\\ I\end{array}\!\right) xyxyabsent𝑥absent𝑦missing-subexpressionabsent𝑥absent𝑦\begin{array}[c]{r}\rightarrow x\\ \rightarrow y\\ \\ \rightarrow x\\ \rightarrow y\end{array}

Om die twee (of meer) parallelle drade weer saam te voeg, voer ons hulle eenvoudig in dieselfde hek in (waarby ons dan natuurlik ook weer na groter matrikse as 2×2222\times 2 moet gaan om daardie hek voor te stel).

Nou moet ons dadelik daarop wys dat die klassieke verdubbeling van ’n string bisse om ’n stroombaan in parallelle takke te splits, in kwantumberekening nie moontlik is nie. Dit volg uit die sogenaamde Kloonverbod-stelling wat sê dat dit fisies onmoontlik is om ’n bestaande onbekende kwantumbis te kopieer (7.4). Gevolglik moet mens in kwantumberekening van die begin af ’n invoerregister skep wat lank genoeg is om alle nodige kopieë van bisse in een vektor saam te dra deur die seriële proses (onvertakte stroombaan) van kwantumberekening.

As ons m𝑚m en n𝑛n al hul moontlike waardes laat aanneem, dan is daar oneindig veel logiese hekke h:VmVn:subscript𝑉𝑚subscript𝑉𝑛h:V_{m}\rightarrow V_{n}. In die logika is dit lankal bekend dat ’n mens enige logiese hek kan verkry deur samestellings van ’n paar eenvoudige hekke, bv. van nie (ontkenning), ¬:V1V1:subscript𝑉1subscript𝑉1\neg:V_{1}\rightarrow V_{1}, en en (konjunksie), :V2V1\wedge:V_{2}\rightarrow V_{1}, met waarheidstabelle

x𝑥x ¬x𝑥\neg x
0 1
1 0

en   x𝑥x y𝑦y xy𝑥𝑦x\wedge y 0 0 0 0 1 0 1 0 0 1 1 1  .

Die hek of (inklusiewe disjunksie), :V2V1\vee:V_{2}\rightarrow V_{1}, het bv. presies dieselfde waarheidstabel as ’n hek opgebou uit ¬\neg en \wedge: as hekke gesien, het ons xy=¬(¬x¬y)𝑥𝑦𝑥𝑦x\vee y=\neg(\neg x\wedge\neg y). ’n Mens kan selfs bewys dat daar twee hekke bestaan, ,:V2V1\mid,\downarrow:V_{2}\rightarrow V_{1}, respektiewelik bekend as die Sheffer-haal of NEN (Sheffer stroke of NAND in Engels) en die dolk of NOF (dagger of NOR), met waarheidstabelle

x𝑥x y𝑦y xyconditional𝑥𝑦x\mid y
0 0 1
0 1 1
1 0 1
1 1 0

en   x𝑥x y𝑦y xy𝑥𝑦x\downarrow y 0 0 1 0 1 0 1 0 0 1 1 0  ,

wat elkeen op sigself enige hek kan voortbring; bv. ¬x=xx=xx𝑥conditional𝑥𝑥𝑥𝑥\neg x=x\mid x=x\downarrow x; xy=(xy)(xy)=(xx)(yy)x\wedge y=(x\mid y)\mid(x\mid y)=(x\downarrow x)\downarrow(y\downarrow y). (Soos so dikwels met vernoemings gebeur, was professor H.M. Sheffer nié die eerste persoon om die haal te gebruik nie, maar wel die filosoof C.S. Peirce.)

Maar natuurlik is nie een van \wedge, \mid of \downarrow ’n omkeerbare logiese hek nie. Die vraag ontstaan dus of daar ’n eindige versameling van omkeerbare logiese hekke, miskien selfs ’n enkele een, bestaan wat alle omkeerbare logiese hekke deur samestelling kan voortbring. Die antwoord is ja, daar is omkeerbare hekke wat op hul eie enige omkeerbare hek kan lewer, maar geen tweebis-hek kan dit doen nie. Mens moet na ten minste drie bisse gaan. So is daar die Fredkin-hek en die beheerde-beheerde-nie-hek BBNIE (sien later oor sy lineariteit en unitariteit), ook bekend as die Toffoli-hek T:V3V3:𝑇subscript𝑉3subscript𝑉3T:V_{3}\rightarrow V_{3} (1981), wat só werk:

xyz𝑥absent𝑦absent𝑧absent\begin{array}[c]{r}x\rightarrow\\ y\rightarrow\\ z\rightarrow\end{array} T xyz+xyabsent𝑥absent𝑦absent𝑧𝑥𝑦\begin{array}[c]{l}\rightarrow x\\ \rightarrow y\\ \rightarrow z+xy\end{array}

Let ook op dat as ons, in die invoerdrietal van die Toffoli-hek, z𝑧z vaspen op z=1𝑧1z=1, dan is z=1+xy=x|y=x NEN ysuperscript𝑧1𝑥𝑦conditional𝑥𝑦𝑥 NEN 𝑦z^{\prime}=1+xy=x|y=x\mbox{\leavevmode\nobreak\ NEN\leavevmode\nobreak\ }y. Dit beteken dat enige klassieke logiese hek, selfs die onomkeerbares, nageboots kan word deur ’n stroombaan met slegs klassieke Toffoli-hekke waarvan op die z𝑧z-draad altyd net 1 ingevoer word.

Wanneer ons deur die bril van die kwantumfisika na berekening kyk as ’n prosedure wat deur ’n fisiese stelsel uitgevoer moet word, dan besef ons dat nie net stringe van bisse nie, maar selfs die enkel bisse, 00 en 1,11, beide deur nie-nul vektore voorgestel moet word. Dit sal dus nie deug om hulle in kwantumberekening as die twee vektore in V1subscript𝑉1V_{1}\ te sien nie. Die rede hiervoor is die volgende: ’n bis, klassiek wiskundig voorgestel deur 00 of 1,11, word klassiek fisies gerealiseer deur (’n deel van) ’n fisiese stelsel wat ondubbelsinnig in een van twee duidelik onderskeibare makrotoestande verkeer: die simbool wat ek op die papier lees of skryf is óf 00, óf 111; die lig brand óf nie, óf wel; die skakelaar is óf af, óf aan; daar is óf nie, óf wel ’n ponsgaatjie; die transistor gelei óf nie, óf wel; ens. Ons het dus ’n bi-stabiele komponent wat in een van twee maklik lees- of meetbare toestande is.

Nou is dit so dat in die kwantumteorie elke fisiese stelsel wiskundig voorgestel word deur ’n sekere paslike vektorruimte, en dat elke toestand van die stelsel, of van ’n komponent daarvan, met ’n nie-nul vektor geassosieer word. Die nulvektor verteenwoordig önmoontlikheid”, iets wat nie fisies of wiskundig met die stelsel kan gebeur nie. Wat meer is, die twee fisiese toestande wat 00 en 1,11, ”neeën ”ja”, önwaarën ”waar”realiseer, word wiskundig voorgestel deur twee ortogonale vektore ”loodregöp mekaar. Om dus die twee klassieke bisse wiskundig voor te stel op die wyse wat netnou in die kwantumberekening nodig word, gaan ons hulle

  • nuwe name gee, naamlik |0ket0\left|0\right\rangle\ en |1,ket1\left|1\right\rangle,\ om aan te dui dat hulle nou vektore is (met Dirac se ket-notasie); en

  • soos volg definieer as twee ortogonale vektore in V2subscript𝑉2V_{2}\ van norm (”lengte”) een, ’n ortonormale basis, as u wil:

    |0:=(10)en |1:=(01).formulae-sequenceassignket01missing-subexpression0missing-subexpressionassignen ket10missing-subexpression1missing-subexpression\left|0\right\rangle:=\left(\!\begin{array}[]{rr}1\\ 0\end{array}\!\right)\ \ \text{en\ \ }\left|1\right\rangle:=\left(\!\begin{array}[]{rr}0\\ 1\end{array}\!\right).
[Uncaptioned image]

Ons moet hierby egter net onthou dat optelling van bisse soos tevore plaasvind en nie ooreenkom met komponentsgewyse optelling in V2subscript𝑉2V_{2}\ nie, bv.

|0+|1ket0ket1\displaystyle\left|0\right\rangle+\left|1\right\rangle =|1,d.w.s.absentket1d.w.s.\displaystyle=\left|1\right\rangle,\ \ \text{d.w.s.}
(10)+(01)1missing-subexpression0missing-subexpression0missing-subexpression1missing-subexpression\displaystyle\left(\!\begin{array}[]{rr}1\\ 0\end{array}\!\right)+\left(\!\begin{array}[]{rr}0\\ 1\end{array}\!\right) =(01)— en nié (11)nie!absent0missing-subexpression1missing-subexpression— en nié 1missing-subexpression1missing-subexpressionnie!\displaystyle=\left(\!\begin{array}[]{rr}0\\ 1\end{array}\!\right)\ \text{---\ en ni\'{e} }\left(\!\begin{array}[]{rr}1\\ 1\end{array}\!\right)\ \text{nie!}

Trouens, die optelling van die twee vektorbisse werk só:

(ab)+(cd)=(a+da+c).𝑎missing-subexpression𝑏missing-subexpression𝑐missing-subexpression𝑑missing-subexpression𝑎𝑑missing-subexpression𝑎𝑐missing-subexpression\left(\!\begin{array}[]{rr}a\\ b\end{array}\!\right)+\left(\!\begin{array}[]{rr}c\\ d\end{array}\!\right)=\left(\!\begin{array}[]{rr}a+d\\ a+c\end{array}\!\right).

Maar kan die voorstelling van omkeerbare lineêre logiese hekke deur nie-singuliere matrikse nog deurgevoer word met die nuwe vektorvoorstelling van bisse? Die antwoord is ”ja— trouens ons is nog beter daaraan toe, want die NIE-hek, byvoorbeeld, wat tevore nie deur ’n matriks voorgestel kon word nie, kom nou ooreen met ons vroeëre unitêre matriks J,𝐽J, wat |0ket0\left|0\right\rangle\ en |1ket1\left|1\right\rangle\ in mekaar omsit:

J(xy)=(0110)(xy)=(yx).𝐽𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression0110𝑥missing-subexpression𝑦missing-subexpression𝑦missing-subexpression𝑥missing-subexpressionJ\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)=\left(\begin{array}[c]{rr}0&1\\ 1&0\end{array}\right)\left(\!\begin{array}[]{rr}x\\ y\end{array}\!\right)=\left(\!\begin{array}[]{rr}y\\ x\end{array}\!\right).

En die beheerde-nie-hek, wat ons tevore deur die matriks N𝑁N voorgestel het? As ons enigeen van |0ket0\left|0\right\rangle en |1ket1\left|1\right\rangle\ skryf as, bv., |xket𝑥\left|x\right\rangle\ of (a;b)Tsuperscript𝑎𝑏𝑇\left(a;b\right)^{T}\ (een van (1;0)Tsuperscript10𝑇\left(1;0\right)^{T}\ of (0;1)Tsuperscript01𝑇\left(0;1\right)^{T}), dan kan ons die hek

(|x|y)(|x|x+|y)ket𝑥missing-subexpressionket𝑦missing-subexpressionket𝑥missing-subexpressionket𝑥ket𝑦missing-subexpression\left(\!\begin{array}[]{rr}\left|x\right\rangle\\ \left|y\right\rangle\end{array}\!\right)\longmapsto\left(\!\begin{array}[]{cc}\left|x\right\rangle\\ \left|x\right\rangle+\left|y\right\rangle\end{array}\!\right)

voorstel deur ’n 4×4444\times 4 matriks, aangedui met BN𝐵𝑁BN (wat sy eie inverse is):

BN(|x|y)𝐵𝑁ket𝑥missing-subexpressionket𝑦missing-subexpression\displaystyle BN\left(\!\begin{array}[]{rr}\left|x\right\rangle\\ \left|y\right\rangle\end{array}\!\right) =(1000010010011010)(abcd)absent1000010010011010𝑎missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝑏missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝑐missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝑑missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression\displaystyle=\left(\begin{array}[c]{rrrr}1&0&0&0\\ 0&1&0&0\\ 1&0&0&1\\ 1&0&1&0\end{array}\right)\left(\!\begin{array}[]{rrrr}a\\ b\\ c\\ d\end{array}\!\right)
=(aba+da+c)absent𝑎missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝑏missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝑎𝑑missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝑎𝑐missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression\displaystyle=\left(\!\begin{array}[]{cccc}a\\ b\\ a+d\\ a+c\end{array}\!\right)
=(|x|x+|y).absentket𝑥missing-subexpressionket𝑥ket𝑦missing-subexpression\displaystyle=\left(\!\begin{array}[]{cc}|x\rangle\\ |x\rangle+|y\rangle\end{array}\!\right).

Maar nog is het einde niet! Op die pad na kwantumberekening moet ons die wyse waarop ons die beheerde-nie-hek voorstel nog een stap verder voer. Eers was ons bisse die twee elemente 0 en 1 van 2subscript2\mathbb{Z}_{2} en het ons BNIE voorgestel deur die 2×2222\times 2 omkeerbare matriks N𝑁N. Toe besef ons dat die bisse fisies deur toestande (komponente) van ’n rekenaar gerealiseer moet word. In die kwantumteorie word toestande van ’n fisiese stelsel geassosieer met vektore, sodat ons die twee bisse toe sien as vektore |0ket0|0\rangle en |1ket1|1\rangle en BNIE voorstel deur die omkeerbare 4×4444\times 4 matriks BN𝐵𝑁BN. Deurgang van ’n stringetjie van twee bisse deur die beheerde-nie-hek moet fisies gerealiseer word as ’n geldige oorgang van een toestand van die fisiese stelsel na ’n volgende toestand. Sulke geldige ontwikkelinge van toestande word in die kwantumteorie wiskundig voorgestel deur die toepassing van unitêre lineêre transformasies op die vektor wat met die begintoestand geassosieer is. Unitêr beteken meer as net omkeerbaar. En nóg N𝑁N nóg BN𝐵𝑁BN is unitêr! Wat nou?

Om die hek BNIE wiskundig deur ’n unitêre 4×4444\times 4 matriks voor te stel, doen die kwantumteorie aan die hand dat ons die vektorvoorstelling van die vier pare bisse wat ons deur die hek wil jaag, anders benader. Dié vier pare, met ’n eenvoudige skryfwyse, is:

(|0|0)=|00,en soortgelyk |01|10 en |11.ket0missing-subexpressionket0missing-subexpressionket00en soortgelyk |01|10 en |11.\left(\!\begin{array}[]{rr}|0\rangle\\ |0\rangle\end{array}\!\right)=|00\rangle,\quad\mbox{en soortgelyk $|01\rangle$, $|10\rangle$ en $|11\rangle$.}

Sien nou dié vier vektore as ’n abstrakte ortonormale basis vir ’n vierdimensionele vektorruimte, voorlopig oor 2subscript2\mathbb{Z}_{2}, maar later vir kwantumberekening oor die komplekse getalle \mathbb{C}. Ons sou die basisvektore, respektiewelik, netsowel |sket𝑠|s\rangle, |tket𝑡|t\rangle, |uket𝑢|u\rangle en |vket𝑣|v\rangle kon noem, waarby ons dan vir die huidige vergeet dat hulle eintlik uit twee komponentvektore saamgestel is. Hierin bemerk ons, met ’n bietjie goeie wil, reeds ’n aanduiding van miskien dié karakteristieke eienskap van die kwantumfisika: die verstrengeling van toestande, nl. die feit dat die toestand van ’n komplekse fisiese stelsel nie noodwendig eenduidig ooreenkom met ’n konfigurasie van toestande van sy samestellende komponente nie. Verstrengeling is miskien die mees presiese illustrasie van die uitdrukking die geheel is méér as die som’ van sy dele”.

Wat die beheerde-nie-hek verrig (kyk maar weer na sy waarheidstabel) is die volgende permutasie van die vier basisvektore:

|00|00,|01|01,|10|11,|11|10,offormulae-sequencemaps-toket00ket00formulae-sequencemaps-toket01ket01formulae-sequencemaps-toket10ket11maps-toket11ket10of|00\rangle\mapsto|00\rangle,|01\rangle\mapsto|01\rangle,|10\rangle\mapsto|11\rangle,|11\rangle\mapsto|10\rangle,\mbox{of}
|s|s,|t|t,|u|v,|v|u,formulae-sequencemaps-toket𝑠ket𝑠formulae-sequencemaps-toket𝑡ket𝑡formulae-sequencemaps-toket𝑢ket𝑣maps-toket𝑣ket𝑢|s\rangle\mapsto|s\rangle,|t\rangle\mapsto|t\rangle,|u\rangle\mapsto|v\rangle,|v\rangle\mapsto|u\rangle,

m.a.w. die laaste twee word net omgeruil. Dieselfde inligting word vervat in die volgende tabel of matriks:

|sket𝑠|s\rangle |tket𝑡|t\rangle |uket𝑢|u\rangle |vket𝑣|v\rangle
|sket𝑠|s\rangle 1 0 0 0
|tket𝑡|t\rangle 0 1 0 0
|uket𝑢|u\rangle 0 0 0 1
|vket𝑣|v\rangle 0 0 1 0

,

waar elke 1 aandui dat die basisvektor(e) in die betrokke ry en kolom deur die transformasie BNIE in mekaar oorgevoer word. Dit lewer nou vir ons uiteindelik ’n unitêre 4×4444\times 4 matriks BNIE wat die beheerde-nie-hek voorstel as ’n basistransformasie van ’n vierdimensionele vektorruimte: Vir enige vektor

|ϕ=α|s+β|t+γ|u+δ|vketitalic-ϕ𝛼ket𝑠𝛽ket𝑡𝛾ket𝑢𝛿ket𝑣|\phi\rangle=\alpha|s\rangle+\beta|t\rangle+\gamma|u\rangle+\delta|v\rangle

word sy koördinaatvektor soos volg getransformeer van die ou na die nuwe basis:

BNIE(α;β;γ;δ)T=(1000010000010010)(αβγδ)=(αβδγ)=(αβ;δ;γ)T.BNIEsuperscript𝛼𝛽𝛾𝛿𝑇1000010000010010𝛼missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝛽missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝛾missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝛿missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝛼missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝛽missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝛿missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpression𝛾missing-subexpressionmissing-subexpressionmissing-subexpressionsuperscript𝛼𝛽𝛿𝛾𝑇\mbox{\emph{BNIE}}(\alpha;\beta;\gamma;\delta)^{T}=\left(\!\begin{array}[]{rrrr}1&0&0&0\\ 0&1&0&0\\ 0&0&0&1\\ 0&0&1&0\end{array}\!\right)\left(\!\begin{array}[]{rrrr}\alpha\\ \beta\\ \gamma\\ \delta\end{array}\!\right)=\left(\!\begin{array}[]{rrrr}\alpha\\ \beta\\ \delta\\ \gamma\end{array}\!\right)=(\alpha\;\beta;\delta;\gamma)^{T}.

T.o.v. die ou basis het die ou basisvektore natuurlik die volgende koördinaatvektore:

|sket𝑠\displaystyle|s\rangle :(1;0;0;0)T:absentsuperscript1000𝑇\displaystyle:(1;0;0;0)^{T}
|tket𝑡\displaystyle|t\rangle :(0;1;0;0)T:absentsuperscript0100𝑇\displaystyle:(0;1;0;0)^{T}
|uket𝑢\displaystyle|u\rangle :(0;0;1;0)T:absentsuperscript0010𝑇\displaystyle:(0;0;1;0)^{T}
|vket𝑣\displaystyle|v\rangle :(0;0;0;1)T:absentsuperscript0001𝑇\displaystyle:(0;0;0;1)^{T}

Uit die lineêre algebra weet ons dat ons die matriks BNIE ook soos volg kan kry: Alle koördinaatvektore word t.o.v. die ou basis geneem; dan word die beelde (onder die permutasie) van die vier ou basisvektore (in volgorde) se koördinaatvektore in die vier kolomme van BNIE1=BNIEsuperscriptBNIE1BNIE\mbox{\emph{BNIE}}^{-1}=\mbox{\emph{BNIE}} geplaas. BNIE se vier kolomme is dus die koördinaatvektore (t.o.v. die ou basis) van |sket𝑠|s\rangle, |tket𝑡|t\rangle, |vket𝑣|v\rangle, |uket𝑢|u\rangle, in daardie volgorde.

Om verder vertroud te raak met bostaande gedagtegang, skets ons hoe ’n unitêre 8×8888\times 8 matriks verkry kan word om die Toffoli- of beheerde-beheerde-nie-hek, BBNIE (CCNOT in Engels), wiskundig voor te stel. Dié hek transformeer drietalle bisse,

x𝑥absentx\rightarrow
y𝑦absenty\rightarrow
z𝑧absentz\rightarrow
T𝑇\ T\
xabsentsuperscript𝑥\rightarrow x^{\prime}
yabsentsuperscript𝑦\rightarrow y^{\prime}
zabsentsuperscript𝑧\rightarrow z^{\prime}

volgens die volgende waarheidstabel.

x𝑥x y𝑦y z𝑧z xsuperscript𝑥x^{\prime} ysuperscript𝑦y^{\prime} zsuperscript𝑧z^{\prime}
0 0 0 0 0 0
0 0 1 0 0 1
0 1 0 0 1 0
0 1 1 0 1 1
1 0 0 1 0 0
1 0 1 1 0 0
1 1 0 1 1 1
1 1 1 1 1 0

Ons merk op dat ons hier twee ”beheerdrade”het, met x𝑥x en y𝑦y, wat onveranderd deur die hek gaan, terwyl die ”teiken”z𝑧z, wat deur die derde draad gaan, in z=nie-zsuperscript𝑧nie-zz^{\prime}=\mbox{nie-$z$} verander wanneer beide beheerdrade geaktiveer is, x=1𝑥1x=1 en y=1𝑦1y=1; andersins geld z=zsuperscript𝑧𝑧z^{\prime}=z. (Altyd geld z=z+xysuperscript𝑧𝑧𝑥𝑦z^{\prime}=z+xy. ) Kom ons sien nou hoe lyk die agt drietalle van bisse as ortonormale basisvektore vir ’n agtdimensionele vektorruimte en benoem hulle soos volg:

|p=|000ket𝑝ket000|p\rangle=|000\rangle; |q=|001ket𝑞ket001|q\rangle=|001\rangle; |r=|010ket𝑟ket010|r\rangle=|010\rangle; |s=|011ket𝑠ket011|s\rangle=|011\rangle;
|t=|100ket𝑡ket100|t\rangle=|100\rangle; |u=|101ket𝑢ket101|u\rangle=|101\rangle; |v=|110ket𝑣ket110|v\rangle=|110\rangle; |w=|111ket𝑤ket111|w\rangle=|111\rangle.

Dan voer BBNIE die volgende permutasie uit:

|p|pmaps-toket𝑝ket𝑝|p\rangle\mapsto|p\rangle; |q|qmaps-toket𝑞ket𝑞|q\rangle\mapsto|q\rangle; |r|rmaps-toket𝑟ket𝑟|r\rangle\mapsto|r\rangle; |s|smaps-toket𝑠ket𝑠|s\rangle\mapsto|s\rangle;
|t|tmaps-toket𝑡ket𝑡|t\rangle\mapsto|t\rangle; |u|umaps-toket𝑢ket𝑢|u\rangle\mapsto|u\rangle; |v|wmaps-toket𝑣ket𝑤|v\rangle\mapsto|w\rangle; |w|v;maps-toket𝑤ket𝑣|w\rangle\mapsto|v\rangle;

m.a.w. |vket𝑣|v\rangle en |wket𝑤|w\rangle ruil net om, terwyl al ses die ander basisvektore op hulself afbeeld. Dit is duidelik dat die transformasie voorgestel kan word deur die unitêre

BBNIE=(1000000001000000001000000001000000001000000001000000000100000010).BBNIE1000000001000000001000000001000000001000000001000000000100000010\mbox{\it BBNIE}=\left(\begin{array}[]{cccccccc}1&0&0&0&0&0&0&0\\ 0&1&0&0&0&0&0&0\\ 0&0&1&0&0&0&0&0\\ 0&0&0&1&0&0&0&0\\ 0&0&0&0&1&0&0&0\\ 0&0&0&0&0&1&0&0\\ 0&0&0&0&0&0&0&1\\ 0&0&0&0&0&0&1&0\\ \end{array}\right).

Die bespreking en voorbeelde in hierdie afdeling, ietwat ongewoon in die konteks van klassieke berekening, het ten doel om aanvoeling en begrip te wek vir die volgende gedagtegang, wat eers in kwantumberekening ten volle vergestalt kan word:

  • Die bisse en stringe van bisse, wat die invoere, deurvoere en afvoere van berekening is, word wiskundig voorgestel deur vektore in ’n gepaste vektorruimte. Hulle word deur ’n logiese stroombaan gestuur met seriële en parallelle skakeling, van die invoernode af tot by die afvoernode.

  • Die nodes in die stroombaan word wiskundig voorgestel deur omkeerbare lineêre transformasies, nie-singuliere matrikse, wat op die vektore toegepas word. In kwantumberekening moet die matrikse unitêr wees en die stroombaan serieel.

  • Enige berekening kan deur ’n gepaste sodanige stroombaan uitgevoer word.

  • Dit is moontlik om fisiese komponente te bou waarvan die toestande die vektore (bisse en stringe) en hul transformasies realiseer, m.a.w. die stroombaan vir ’n berekening kan in beginsel deur ’n fisiese stelsel met ’n eindige aantal standaardkomponente verwerklik word.

  • En dan kom die kwantumteorie met ’n verstommende verrassing: ’n enkele seriële stroombaan kan gelyktydig ’n groot aantal (eksponensieel in die aantal bisse) berekenings uitvoer, sonder enige fisiese parallelskakeling van soveel kopieë van die stroombaan. So skynbaar vreemd is dié verskynsel, dat sommige kenners in alle erns beweer dat die berekenings in ’n groot aantal parallelle heelalle moet afspeel!

4 TEORETIESE AGTERGROND

Kwantumteorie is ’n wiskundige model van stelsels in die fisiese wêreld wat begrippe soos toestande, waarneembares, metings en die dinamika van ’n fisiese stelsel wiskundig kan voorstel. In kwantumteorie word ’n fisiese stelsel deur ’n Hilbert-ruimte \cal H voorgestel, terwyl die toestande van die fisiese stelsel deur vektore in \cal H beskryf word. ’n Waarneembare word deur ’n selftoegevoegde operator op \cal H voorgestel, terwyl die dinamika van die stelsel deur ’n kontinue familie U(t)𝑈𝑡U(t) van unitêre operatore beskryf word. Hieronder volg ’n bondige uiteensetting van die basiese wiskundige konstruksies in die kwantumteorie. Ons verskaf ook die tipiese fisiese en statistiese vertolkings van die wiskundige definisies.

Toestande

’n Toestand is ’n volledige beskrywing van ’n fisiese stelsel op ’n gegewe tydstip. In kwantummeganika is ’n toestand ’n straal in die Hilbert-ruimte wat die fisiese stelsel verteenwoordig. Wat is ’n Hilbert-ruimte?

  1. 1.

    Dit is ’n vektorruimte oor die komplekse getalle. Vektore word aangedui met |ψket𝜓|\psi\rangle (Dirac se ket-notasie).

  2. 2.

    Dit besit ’n inproduk, .|.\langle.|.\rangle, wat elke geordende paar |ϕ,|ψketitalic-ϕket𝜓|\phi\rangle,|\psi\rangle van vektore na ’n komplekse getal ϕ|ψinner-productitalic-ϕ𝜓\langle\phi|\psi\rangle afbeeld, onderworpe aan die volgende voorwaardes:

    • ϕ|ϕ0inner-productitalic-ϕitalic-ϕ0\langle\phi|\phi\rangle\geq 0, vir alle vektore |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle en gelykheid geld as en slegs as |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle die nul-vektor is;

    • ϕ|(a|ψ1+b|ψ2)=aϕ|ψ1+bϕ|ψ2\langle\phi|(a|\psi_{1}\rangle+b|\psi_{2}\rangle)\rangle=a\langle\phi|\psi_{1}\rangle+b\langle\phi|\psi_{2}\rangle vir alle komplekse getalle a𝑎a en b𝑏b;

    • ψ|ϕ=ϕ|ψinner-product𝜓italic-ϕsuperscriptinner-productitalic-ϕ𝜓\langle\psi|\phi\rangle=\langle\phi|\psi\rangle^{*}, waar ϕ|ψsuperscriptinner-productitalic-ϕ𝜓\langle\phi|\psi\rangle^{*} die komplekse toegevoegde van ϕ|ψinner-productitalic-ϕ𝜓\langle\phi|\psi\rangle aandui.

  3. 3.

    Dit is volledig met betrekking tot die norm ψ=ψ|ψ12norm𝜓superscriptinner-product𝜓𝜓12||\psi||=\langle\psi|\psi\rangle^{\frac{1}{2}}.

Volledigheid is ’n belangrike vereiste in oneindigdimensionele Hilbert-ruimtes. Ons gaan egter meestal slegs eindigdimensionele inproduk-ruimtes bespreek, wat in ieder geval volledig is. Dus hoef die leser nie te bekommerd te wees oor die presiese definisie van volledigheid nie!

’n Straal (Engels: ”ray”) is ’n ekwivalensieklas van vektore, waar twee vektore as ekwivalent beskou word as die een van die ander met behulp van vermenigvuldiging met ’n nie-nul komplekse getal verkry kan word. Dus is |ϕ1ketsubscriptitalic-ϕ1|\phi_{1}\rangle en |ϕ2ketsubscriptitalic-ϕ2|\phi_{2}\rangle in dieselfde straal as daar ’n nie-nul komplekse getal λ𝜆\lambda bestaan sodanig dat

|ϕ1=λ|ϕ2.ketsubscriptitalic-ϕ1𝜆ketsubscriptitalic-ϕ2|\phi_{1}\rangle=\lambda|\phi_{2}\rangle.

Die fisiese betekenis hiervan is dat |ϕ1ketsubscriptitalic-ϕ1|\phi_{1}\rangle en |ϕ2ketsubscriptitalic-ϕ2|\phi_{2}\rangle dieselfde kwantumtoestand voorstel. Ons kan altyd ’n verteenwoordiger |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle van ’n straal (van nie-nul vektore) kies om ’n norm een te hê, dit wil sê sodanig dat

ϕ|ϕ=1.inner-productitalic-ϕitalic-ϕ1\langle\phi|\phi\rangle=1.

In hierdie geval sê ons dat |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle genormaliseer is.

Twee vektore |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle en |ψket𝜓|\psi\rangle in \cal H word ortogonaal genoem, indien ϕ|ψ=0inner-productitalic-ϕ𝜓0\langle\phi|\psi\rangle=0. Gestel \cal H is ’n n𝑛n-dimensionele Hilbert-ruimte. ’n Basis (|ϕ1,,|ϕn)ketsubscriptitalic-ϕ1ketsubscriptitalic-ϕ𝑛(|\phi_{1}\rangle,\dots,|\phi_{n}\rangle) van \cal H word ’n ortonormale basis genoem indien al die elemente van die basis genormaliseer is en indien hulle paarsgewys ortogonaal is, dit wil sê, indien ϕi|ϕj=0inner-productsubscriptitalic-ϕ𝑖subscriptitalic-ϕ𝑗0\langle\phi_{i}|\phi_{j}\rangle=0 vir alle ij𝑖𝑗i\neq j.

Ons sal dikwels na ’n nie-nul vektor |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle as ’n toestand verwys. Gegee twee toestande |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle en |ψket𝜓|\psi\rangle, dan kan ons ook die toestand α|ϕ+β|ψ𝛼ketitalic-ϕ𝛽ket𝜓\alpha|\phi\rangle+\beta|\psi\rangle beskou, waar α𝛼\alpha en β𝛽\beta enige twee komplekse getalle (nie beide nul nie) is. Dié lineêre kombinasie stel ’n superposisie van toestande voor. Slegs die relatiewe fase in hierdie superposisie is fisies betekenisvol, dit wil sê slegs die straal voortgebring deur die (nie-nul) superposisie.

Voorbeeld: Kwabisse

’n Kwantumbis, oftewel ’n kwabis (qubit in Engels), is ’n kwantumstelsel met twee basistoestande, waarvan die toestand op enige tydstip (met onskadelike dubbelsinnigheid ook ”kwabis”genoem) ’n genormaliseerde superposisie van die twee basistoestande is. ’n Voorbeeld hiervan word gegee deur die kwantumbeskrywing van die energievlakke van die elektron in ’n waterstofatoom. Die elektron het ,waarskynlikheidsamplitudes’ α𝛼\alpha en β𝛽\beta om respektiewelik in of die grondtoestand of ’n opgewekte toestand te wees. Die getalle α𝛼\alpha and β𝛽\beta is komplekse getalle.’n Nuttige manier om hieraan te dink is dat die elektron gedeeltelik in beide energietoestande bestaan, met waarskynlikheid |α|2superscript𝛼2|\alpha|^{2} in die grondtoestand en met waarskynlikheid |β|2superscript𝛽2|\beta|^{2} in ’n opgewekte toestand. (Hierdie is bloot ’n metafoor en moet nie te ernstig opgeneem word nie!) Die elektron bestaan beslis en dus moet die totale waarskynlikheid een wees, wat beteken dat

|α|2+|β|2=1.superscript𝛼2superscript𝛽21|\alpha|^{2}+|\beta|^{2}=1.

Die gesuperponeerde energietoestand van hierdie tweebasistoestand-stelsel word voorgestel deur

|ψ=α|0+β|1,ket𝜓𝛼ket0𝛽ket1|\psi\rangle=\alpha|0\rangle+\beta|1\rangle,

waar basistoestand |0ket0|0\rangle, respektiewelik |1ket1|1\rangle, aandui dat die elektron in die grondtoestand, respektiewelik ’n opgewekte toestand, is. Die toestand leef in ’n twee-dimensionele vektorruimte oor die komplekse getalle. Ons kan aan die twee toestande |0ket0|0\rangle en |1ket1|1\rangle as die eenheidsvektore (1;0)Tsuperscript10𝑇(1;0)^{T} en (0;1)Tsuperscript01𝑇(0;1)^{T} dink en dus dat |ψket𝜓|\psi\rangle met (α;β)Tsuperscript𝛼𝛽𝑇(\alpha;\beta)^{T} ooreenstem.

Indien |ψ1=α1|0+β1|1ketsubscript𝜓1subscript𝛼1ket0subscript𝛽1ket1|\psi_{1}\rangle=\alpha_{1}|0\rangle+\beta_{1}|1\rangle en |ψ2=α2|0+β2|1ketsubscript𝜓2subscript𝛼2ket0subscript𝛽2ket1|\psi_{2}\rangle=\alpha_{2}|0\rangle+\beta_{2}|1\rangle twee kwabisse is, dan word die inproduk gedefinieer deur:

ψ1|ψ2=α1α2+β1β2.inner-productsubscript𝜓1subscript𝜓2superscriptsubscript𝛼1subscript𝛼2superscriptsubscript𝛽1subscript𝛽2\langle\psi_{1}|\psi_{2}\rangle=\alpha_{1}^{*}\alpha_{2}+\beta_{1}^{*}\beta_{2}.

Dit kan maklik aangetoon word dat ’n kwabis geskryf kan word as

|ψ=cosθ|0+eiϕsinθ|1.ket𝜓𝜃ket0superscript𝑒𝑖italic-ϕ𝜃ket1|\psi\rangle=\cos\theta|0\rangle+e^{i\phi}\sin\theta|1\rangle.

Ons kan aan θ𝜃\theta en ϕitalic-ϕ\phi as die sferiese koördinate van ’n punt op die eenheidsfeer in die driedimensionele reële ruimte dink. Op hierdie manier kan (genormaliseerde) kwabisse deur die punte van die eenheidsfeer geparametriseer word.

Dit wil dus voorkom of ’n kwabis ’n oneindige hoeveelheid inligting bevat, aangesien sy toestand deur twee kontinue grade van vryheid voorgestel word. Dit is egter, ten minste van ’n fisiese oogpunt, glad nie die geval nie, as gevolg van die volgende uiters belangrike aspek van kwantumstelsels.

Wanneer ’n kwabis gemeet word, word slegs één van twee resultate verkry; die eiewaarde λ0subscript𝜆0\lambda_{0} wat met |0ket0|0\rangle ooreenkom of die eiewaarde λ1subscript𝜆1\lambda_{1} wat met |1ket1|1\rangle ooreenkom. Dit werk soos volg: ’n meting van |ψ=α|0+β|1ket𝜓𝛼ket0𝛽ket1|\psi\rangle=\alpha|0\rangle+\beta|1\rangle lei tot resultaat λ0subscript𝜆0\lambda_{0} met waarskynlikheid |α|2superscript𝛼2|\alpha|^{2}, en die toestand word |0ket0|0\rangle, of λ1subscript𝜆1\lambda_{1} word gemeet met waarskynlikheid |β|2superscript𝛽2|\beta|^{2}, waarna die toestand |1ket1|1\rangle is. Vir ons voorbeeld, die waterstofatoom, meet ons dus die energievlak van die elektron. Met waarskynlikheid |α|2superscript𝛼2|\alpha|^{2} sal ons die grondvlak kry, en met waarskynlikheid |β|2superscript𝛽2|\beta|^{2} ’n opgewekte vlak. Ná die meting sal, respektiewelik vir hierdie twee moontlikhede, die elektron ondubbelsinnig óf in die grondvlak, óf in ’n opgewekte vlak wees.

Dus lei ’n enkele meting tot slegs een bissie inligting omtrent α𝛼\alpha of β𝛽\beta. Dit verg oneindig veel identies voorbereide kwabismetings om |α|𝛼|\alpha| en |β|𝛽|\beta| te bepaal. Dit kom daarop neer dat oneindig veel metings benodig word om die relatiewe frekwensies van die uitkomstoestande |0ket0|0\rangle of |1ket1|1\rangle te bepaal ná ’n (potensieel) oneindige aantal identiese voorbereidings van die fisiese stelsel met die twee klassieke makro-(uitkoms-) toestande |0ket0|0\rangle en |1ket1|1\rangle gemaak is. In ’n mate is daar wel ’n klomp verskuilde inligting in ’n kwabis en soos ons later sal sien, lê die potensiële krag van kwantumberekening presies hierin, alhoewel dit baie vaardigheid vereis om toegang tot hierdie verskuilde inligting te verkry.

Voorbeeld: Multi-kwabisse

Beskou twee kwabisse, gerealiseer deur komponente van een fisiese stelsel. Indien dit deur die twee energietoestande van elektrone in twee waterstofatome voorgestel word, dan, klassiek gesproke, is daar vier moontlike toestande, naamlik 00,01,1000011000,01,10 en 111111 vir die twee elektrone. Die kwantumtoestand assosieer ’n waarskynlikheidsamplitude met elk van hierdie vier toestande, sodanig dat die genormaliseerde toestandvektor vir die twee atome gegee word deur:

|ψ=α00|00+α01|01+α10|10+α11|11,ket𝜓subscript𝛼00ket00subscript𝛼01ket01subscript𝛼10ket10subscript𝛼11ket11|\psi\rangle=\alpha_{00}|00\rangle+\alpha_{01}|01\rangle+\alpha_{10}|10\rangle+\alpha_{11}|11\rangle,

waar

|α00|2+|α01|2+|α10|2+|α11|2=1.superscriptsubscript𝛼002superscriptsubscript𝛼012superscriptsubscript𝛼102superscriptsubscript𝛼1121|\alpha_{00}|^{2}+|\alpha_{01}|^{2}+|\alpha_{10}|^{2}+|\alpha_{11}|^{2}=1.

’n Metingsresultaat x𝑥x met x{00;01;10;11}𝑥00011011x\in\{00;01;10;11\} kom voor met waarskynlikheid |αx|2superscriptsubscript𝛼𝑥2|\alpha_{x}|^{2}, waarna die stelsel oorgaan na die toestand |xket𝑥|x\rangle. Indien ons net die eerste bis meet, dan kry ons nul met waarskynlikheid |α00|2+|α01|2superscriptsubscript𝛼002superscriptsubscript𝛼012|\alpha_{00}|^{2}+|\alpha_{01}|^{2} en die toestand gaan oor na

|ψ=α00|00+α01|01|α00|2+|α01|2.ketsuperscript𝜓subscript𝛼00ket00subscript𝛼01ket01superscriptsubscript𝛼002superscriptsubscript𝛼012|\psi^{\prime}\rangle=\frac{\alpha_{00}|00\rangle+\alpha_{01}|01\rangle}{\sqrt{|\alpha_{00}|^{2}+|\alpha_{01}|^{2}}}.

Let op dat |ψketsuperscript𝜓|\psi^{\prime}\rangle genormaliseer word om ’n vektor van lengte (norm) een te wees.

Beskou nou die algemene geval met N𝑁N kwabisse. Dink aan ’n fisiese stelsel S𝑆S met N𝑁N komponente, elk waarvan ’n kwabis realiseer, dit wil sê, elk waarvan by meting nul of een sal lewer. Die kwantumtoestand van die hele S𝑆S word gespesifiseer deur 2Nsuperscript2𝑁2^{N} komplekse getalle (die waarskynlikheidsamplitudes), een vir elke rytjie (basisvektor) van N𝑁N nulle en ene. Vir N=200𝑁200N=200 is 2Nsuperscript2𝑁2^{N} alreeds meer as die beraamde aantal atome in die heelal! Berekenings met soveel data is byna onvoorstelbaar, maar, in beginsel, laat die natuur dit toe met slegs 200 atome. Ons kan byvoorbeeld na die energietoestand van die elektrone van 200 waterstofatome kyk. Hierdie geweldige berekeningspotensiaal kan benut word om berekeningsprosesse te ontwerp, wat uitgevoer word deur gebruik te maak van wat deur die natuur toegelaat word, in die besonder soos dit in kwantummeganika weerspieël word.

Waarneembares en Meting

’n Waarneembare is ’n eienskap van ’n fisiese stelsel wat, al is dit bloot in beginsel, gemeet kan word. Die energievlak van die elektron in ’n waterstofatoom is ’n voorbeeld wat ons reeds genoem het. In kwantumteorie word ’n waarneembare as ’n selftoegevoegde operator voorgestel. Die wiskunde van hierdie gedagte is soos volg:

’n Operator A𝐴A is ’n lineêre transformasie op ’n Hilbert-ruimte. Dit beeld vektore af op vektore en is lineêr. Dus, as dit |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle op |ϕketsuperscriptitalic-ϕ|\phi^{\prime}\rangle en |ψket𝜓|\psi\rangle op |ψketsuperscript𝜓|\psi^{\prime}\rangle afbeeld, dan word die gesuperponeerde toestand a|ϕ+b|ψ𝑎ketitalic-ϕ𝑏ket𝜓a|\phi\rangle+b|\psi\rangle deur A𝐴A op a|ϕ+b|ψ𝑎ketsuperscriptitalic-ϕ𝑏ketsuperscript𝜓a|\phi^{\prime}\rangle+b|\psi^{\prime}\rangle afgebeeld.

Die toegevoegde Asuperscript𝐴A^{\dagger} van ’n operator A𝐴A word eenduidig bepaal deur die volgende voorwaarde:

Aϕ|ψ=ϕ|Aψ.inner-productsuperscript𝐴italic-ϕ𝜓inner-productitalic-ϕ𝐴𝜓\langle A^{\dagger}\phi|\psi\rangle=\langle\phi|A\psi\rangle.

Dié gemeenskaplike waarde word aangedui met

ϕ|A|ψ.quantum-operator-productitalic-ϕ𝐴𝜓\langle\phi|A|\psi\rangle.

Die toegevoegde sal altyd bestaan as die Hilbert-ruimte eindigdimensioneel is. Dit kan soos volg bereken word: Indien A𝐴A voorgestel word deur die n×n𝑛𝑛n\times n matriks (cij)subscript𝑐𝑖𝑗(c_{ij}), dan word die toegevoegde voorgestel deur die matriks (cji)superscriptsubscript𝑐𝑗𝑖(c_{ji}^{*}). Hier gebruik ons die konvensie, soos in algemene gebruik deur fisici, om die komplekse toegevoegde van ’n komplekse getal z=x+iy,x,y𝑧𝑥𝑖𝑦𝑥𝑦z=x+iy,\;x,y reële getalle, met zsuperscript𝑧z^{*}, d.w.s. z=xiysuperscript𝑧𝑥𝑖𝑦z^{*}=x-iy, aan te dui.

Byvoorbeeld, indien

A=(0i21),𝐴0𝑖21A=\left(\begin{array}[]{cc}0&i\\ 2&1\end{array}\right),

dan sal

A=(02i1).superscript𝐴02𝑖1A^{\dagger}=\left(\begin{array}[]{cc}0&2\\ -i&1\end{array}\right).

’n Operator word selftoegevoeg genoem indien A=A𝐴superscript𝐴A=A^{\dagger}. In hierdie geval word ϕ|A|ϕquantum-operator-productitalic-ϕ𝐴italic-ϕ\langle\phi|A|\phi\rangle die verwagte waarde van die waarneembare A𝐴A genoem wanneer die kwantumstelsel in die toestand |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle is, op voorwaarde dat die toestand genormaliseer is, dit wil sê as ϕ|ϕ=1inner-productitalic-ϕitalic-ϕ1\langle\phi|\phi\rangle=1. Ons sal later sien dat dit die statistiese verwagting van ’n eksperimentele meting is.

’n Toestand |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle word ’n eietoestand van ’n waarneembare A𝐴A genoem indien daar ’n komplekse getal λ𝜆\lambda bestaan sodanig dat

A|ϕ=λ|ϕ.𝐴ketitalic-ϕ𝜆ketitalic-ϕA|\phi\rangle=\lambda|\phi\rangle.

In hierdie geval word λ𝜆\lambda die eiewaarde van A𝐴A wat met die eietoestand |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle geassosieer word, genoem. Dit kan aangetoon word (en dit is baie maklik om te doen) dat die eiewaardes van ’n waarneembare reële getalle is. Ons sal altyd aanneem dat die eietoestande genormaliseer is.

Twee toestande |ϕ,|ψketitalic-ϕket𝜓|\phi\rangle,|\psi\rangle is ortogonaal indien ϕ|ψ=0inner-productitalic-ϕ𝜓0\langle\phi|\psi\rangle=0. Dit kan aangetoon word dat twee eietoestande van ’n waarneembare A𝐴A wat met twee verskillende eiewaardes van A𝐴A ooreenstem, altyd ortogonaal is.

Die volgende kom redelik algemeen in kwantumteorie voor: Ons het ’n waarneembare A𝐴A op ’n n𝑛n-dimensionele Hilbert-ruimte met n𝑛n verskillende eiewaardes λ1,,λnsubscript𝜆1subscript𝜆𝑛\lambda_{1},\ldots,\lambda_{n} en ooreenstemmende eietoestande |ϕ1,,|ϕnketsubscriptitalic-ϕ1ketsubscriptitalic-ϕ𝑛|\phi_{1}\rangle,\ldots,|\phi_{n}\rangle. ’n Tipiese toestand in hierdie n𝑛n-dimensionele ruimte kan geskryf word as

|ϕ=a1|ϕ1++an|ϕn,ketitalic-ϕsubscript𝑎1ketsubscriptitalic-ϕ1subscript𝑎𝑛ketsubscriptitalic-ϕ𝑛|\phi\rangle=a_{1}|\phi_{1}\rangle+\cdots+a_{n}|\phi_{n}\rangle,

waar die ajsubscript𝑎𝑗a_{j} almal komplekse getalle is. Die |ϕjketsubscriptitalic-ϕ𝑗|\phi_{j}\rangle is die eietoestande wat met die waarneembare A𝐴A geassosieer is en hulle is dus ’n ortonormale basis vir die Hilbert-ruimte. Die fisiese betekenis hiervan is dat die meting van A𝐴A neerkom op die verval van die toestand |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle na een van die eietoestande |ϕjketsubscriptitalic-ϕ𝑗|\phi_{j}\rangle. Die eiewaardes van A𝐴A is die moontlike waardes van die meting van die waarneembare A𝐴A terwyl die stelsel in toestand |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle is. Die waarskynlikheid om die waarde λjsubscript𝜆𝑗\lambda_{j} te meet word gegee deur |aj|2superscriptsubscript𝑎𝑗2|a_{j}|^{2}. Die komplekse koëffisiënte ajsubscript𝑎𝑗a_{j} word daarom waarskynlikheidsamplitudes genoem. Let op dat

A|ϕ=j=1nλjaj|ϕj.𝐴ketitalic-ϕsuperscriptsubscript𝑗1𝑛subscript𝜆𝑗subscript𝑎𝑗ketsubscriptitalic-ϕ𝑗A|\phi\rangle=\sum_{j=1}^{n}\lambda_{j}a_{j}|\phi_{j}\rangle.

Voorts word die verwagte uitkoms van die meting gegee deur die reële getal

ϕ|A|ϕ=j=inλj|aj|2.quantum-operator-productitalic-ϕ𝐴italic-ϕsuperscriptsubscript𝑗𝑖𝑛subscript𝜆𝑗superscriptsubscript𝑎𝑗2\langle\phi|A|\phi\rangle=\sum_{j=i}^{n}\lambda_{j}|a_{j}|^{2}.

Dit is die klassieke statistiese verwagting van die uitkoms, gegee uitkomste λjsubscript𝜆𝑗\lambda_{j} met waarskynlikhede |aj|2superscriptsubscript𝑎𝑗2|a_{j}|^{2}.

Voorbeeld

Beskou die operator A𝐴A op die kwabisruimte, dit wil sê, die ruimte wat deur die vektore |0,|1ket0ket1|0\rangle,|1\rangle onderspan word, waar A𝐴A vir |0ket0|0\rangle op sigself en vir |1ket1|1\rangle op 2|12ket12|1\rangle afbeeld. Die eiewaardes is 111 en 222 met ooreenstemmende eietoestande |0ket0|0\rangle en |1ket1|1\rangle, respektiewelik. Vir ’n algemene kwabis

|ϕ=a|0+b|1,ketitalic-ϕ𝑎ket0𝑏ket1|\phi\rangle=a|0\rangle+b|1\rangle,

sal die meting van die waarneembare A𝐴A die waarde 111 lewer met waarskynlikheid |a|2superscript𝑎2|a|^{2} en die waarde 222 sal gemeet word met waarskynlikheid |b|2superscript𝑏2|b|^{2}. Die verwagte waarde van die meting word gegee deur |a|2+2|b|2superscript𝑎22superscript𝑏2|a|^{2}+2|b|^{2}, wat dieselfde is as ϕ|A|ϕquantum-operator-productitalic-ϕ𝐴italic-ϕ\langle\phi|A|\phi\rangle.

Toestand-dinamika

In die voorafgaande voorbeeld, het die meting in die |0,|1ket0ket1|0\rangle,|1\rangle-basis plaasgevind. Ons kan egter enige ortonormale basis |v,|vket𝑣ketsuperscript𝑣bottom|v\rangle,|v^{\bot}\rangle kies en die kwabis daarin meet. Om dit te doen, skryf die toestand in die nuwe basis as

|ϕ=a|v+b|v,ketitalic-ϕsuperscript𝑎ket𝑣superscript𝑏ketsuperscript𝑣bottom|\phi\rangle=a^{\prime}|v\rangle+b^{\prime}|v^{\bot}\rangle,

wat beteken dat die uitkoms-toestand |vket𝑣|v\rangle sal wees met ’n waarskynlikheid |a|2superscriptsuperscript𝑎2|a^{\prime}|^{2}, of die uitkoms-toestand is |vketsuperscript𝑣bottom|v^{\bot}\rangle met ’n waarskynlikheid |b|2superscriptsuperscript𝑏2|b^{\prime}|^{2}.

Die lineêre afbeelding wat |0ket0|0\rangle op |vket𝑣|v\rangle en |1ket1|1\rangle op |vketsuperscript𝑣bottom|v^{\bot}\rangle afbeeld, is ’n voorbeeld van ’n unitêre operator. Enige lineêre operator U𝑈U wat ’n ortonormale basis op ’n soortgelyke basis afbeeld, word ’n unitêre operator genoem. ’n Spesiale geval hiervan is ’n permutasie van ’n ortonormale basis. Dit kan aangetoon word dat ’n operator U𝑈U unitêr is as en slegs as

U=U1,superscript𝑈superscript𝑈1U^{\dagger}=U^{-1},

waar U1superscript𝑈1U^{-1} die inverse van U𝑈U is. ’n Mens kan ’n unitêre operator gebruik om die metingsbasis te verander. Ons kan ook dié operatore beskou om die verandering van toestande van ’n kwabis voor te stel.

Dit is ’n fundamentele postulaat in kwantumteorie dat die tydsdinamika van toestande deur unitêre operatore voorgestel moet word. Dit beteken dat, indien die toestand op tydstip t𝑡t gegee word deur |ψ(t)ket𝜓𝑡|\psi(t)\rangle en die toestand verander oor tyd as gevolg van eksterne fisiese kragte, dan is daar ’n familie van unitêre operatore U(t)𝑈𝑡U(t) sodanig dat, vir alle t𝑡t, geld:

|ψ(t)=U(t)|ψ(0),ket𝜓𝑡𝑈𝑡ket𝜓0|\psi(t)\rangle=U(t)|\psi(0)\rangle,

waar die familie van unitêre operatore U(t)𝑈𝑡U(t) kontinu van t𝑡t afhang. Voorts word vereis dat aan die volgende vergelyking voldoen word:

U(t)U(s)=U(t+s),𝑈𝑡𝑈𝑠𝑈𝑡𝑠U(t)U(s)=U(t+s),

vir alle reële t𝑡t en s𝑠s. Hierdie postulaat hou nou verband met die vereiste dat die metings-statistiek van ’n kwantumstelsel onafhanklik is van die koördinaatstelsels met betrekking waartoe die metings gemaak word. ’n Kwantumberekening kan gesien word as ’n samestelling van ’n eindige aantal unitêre operatore wat op ’n multi-kwabisruimte inwerk. Ten einde die berekening fisies te implementeer, moet ’n kontinue familie van unitêre operatore gevind word wat op diskrete tydstippe die waardes van die eindige aantal unitêre operatore (by die nodes van die berekening se ,stroombaan’) aanneem. ’n Sodanige kontinue familie van unitêre operatore word gevind deur ’n gepaste Hamiltoniaan (of een of ander geskikte fisiese veld) te bewerkstellig. Dit uitvoering hiervan bly ’n baie groot uitdaging vir die fisika en die tegnologie.

Saamgestelde stelsels

’n Enkele kwabis is ’n eenheidsvektor in ’n 222-dimensionele Hilbert-ruimte. Veronderstel ons het twee kwabisse wat van mekaar ,onafhanklik’ is, maar tog gerealiseer word deur twee komponente van een fisiese kwantumstelsel. Hoe word die saamgestelde toestande voorgestel? Dit word gedoen deur van die sogenaamde tensorprodukte van vektorruimtes gebruik te maak. Ten einde tensorprodukte te beskryf, sal ons voorlopig ons lineêre algebra doen sonder om van Dirac se notasie gebruik te maak. As V𝑉V en W𝑊W vektorruimtes oor die komplekse getalle is met basisse v1,,vnsubscript𝑣1subscript𝑣𝑛v_{1},\ldots,v_{n} en w1,,wmsubscript𝑤1subscript𝑤𝑚w_{1},\ldots,w_{m}, dan is die tensorproduk VWtensor-product𝑉𝑊V\otimes W van V𝑉V en W𝑊W ’n nm𝑛𝑚nm-dimensionele ruimte wat onderspan word deur elemente van die vorm vwtensor-product𝑣𝑤v\otimes w, met vV𝑣𝑉v\in V en wW𝑤𝑊w\in W, die sogenaamde elementêre tensore. Die elementêre tensore gedra hulself bilineêr, dit wil sê, hulle voldoen aan die identiteite

α(vw)=αvw=vαw;𝛼tensor-product𝑣𝑤tensor-product𝛼𝑣𝑤tensor-product𝑣𝛼𝑤\alpha(v\otimes w)=\alpha v\otimes w=v\otimes\alpha w;

en

uv+wv=(u+w)v;uv+uw=u(v+w).formulae-sequencetensor-product𝑢𝑣tensor-product𝑤𝑣tensor-product𝑢𝑤𝑣tensor-product𝑢𝑣tensor-product𝑢𝑤tensor-product𝑢𝑣𝑤u\otimes v+w\otimes v=(u+w)\otimes v;\;\;u\otimes v+u\otimes w=u\otimes(v+w).

’n Basis vir die tensorproduk VWtensor-product𝑉𝑊V\otimes W bestaan uit die mn𝑚𝑛mn vektore viwj; 1in,1jmformulae-sequencetensor-productsubscript𝑣𝑖subscript𝑤𝑗1𝑖𝑛1𝑗𝑚v_{i}\otimes w_{j};\;1\leq i\leq n,1\leq j\leq m. Dit het die gevolg dat ’n willekeurige element van VWtensor-product𝑉𝑊V\otimes W op ’n eenduidige manier geskryf kan word as

i,jαijviwj.subscript𝑖𝑗tensor-productsubscript𝛼𝑖𝑗subscript𝑣𝑖subscript𝑤𝑗\sum_{i,j}\alpha_{ij}v_{i}\otimes w_{j}.

Die definisie kan op ’n soortgelyke manier na die tensorprodukte van meer as twee vektorruimtes uitgebrei kan word. ’n Vektor van die vorm vwtensor-product𝑣𝑤v\otimes w word ook die ”tensorproduk”van v𝑣v en w𝑤w genoem. Dit is baie belangrik om op te merk dat nie alle vektore in VWtensor-product𝑉𝑊V\otimes W van hierdie vorm is nie, byvoorbeeld v1w1+v2w2tensor-productsubscript𝑣1subscript𝑤1tensor-productsubscript𝑣2subscript𝑤2v_{1}\otimes w_{1}+v_{2}\otimes w_{2} met die visubscript𝑣𝑖v_{i} en die wisubscript𝑤𝑖w_{i} onafhanklik. Baie interessante fisiese verskynsels, waarvan ”verstrengeling”(ëntanglement”) ’n voorbeeld is, spruit vanuit hierdie eienskap van tensorprodukte.

As V𝑉V en W𝑊W Hilbert-ruimtes is, en die inproduk(te) word aangedui met (.,.)(.\;,\;.), dan is die tensorproduk ook ’n Hilbert-ruimte met die geërfde inproduk:

(vw,vw)=(v,v)(w,w).tensor-product𝑣𝑤tensor-productsuperscript𝑣superscript𝑤𝑣superscript𝑣𝑤superscript𝑤(v\otimes w,v^{\prime}\otimes w^{\prime})=(v,v^{\prime})(w,w^{\prime}).

Ons keer nou terug na Dirac se notasie en skryf ’n basis van 22tensor-productsuperscript2superscript2\mathbb{C}^{2}\otimes\mathbb{C}^{2} as

|0|0,|0|1,|1|0,|1|1.tensor-productket0ket0tensor-productket0ket1tensor-productket1ket0tensor-productket1ket1|0\rangle\otimes|0\rangle,|0\rangle\otimes|1\rangle,|1\rangle\otimes|0\rangle,|1\rangle\otimes|1\rangle.

Ons skryf dikwels |0|0tensor-productket0ket0|0\rangle\otimes|0\rangle as |0|0ket0ket0|0\rangle|0\rangle of selfs |00ket00|00\rangle en soortgelyk vir die ander elemente van die basis.

In die algemeen word ’n n𝑛n-deeltjie-stelsel deur die tensorproduk van n𝑛n kopieë van 2superscript2\mathbb{C}^{2} voorgestel. Let op dat dit ’n 2nsuperscript2𝑛2^{n}-dimensionele Hilbert-ruimte oor die komplekse getalle is. ’n Tipiese toestand van ’n n𝑛n-kwabisstelsel kan geskryf word as

|ψ=x{0;1}nαx|x.ket𝜓subscript𝑥superscript01𝑛subscript𝛼𝑥ket𝑥|\psi\rangle=\sum_{x\in\{0;1\}^{n}}\alpha_{x}|x\rangle.

Hier dui {0;1}nsuperscript01𝑛\{0;1\}^{n} die versameling van alle binêre woorde van lengte n𝑛n aan. Die versameling het 2nsuperscript2𝑛2^{n} elemente. Dit het die implikasie dat die toestand van n𝑛n onafhanklike kwabisse in ’n kwantumstelsel in ’n 2nsuperscript2𝑛2^{n}-dimensionele ruimte voorgestel word.

Spin

In die fisika is spin ’n ,intrinsieke hoekmomentum’ wat met mikroskopiese deeltjies geassosieer word. Byvoorbeeld, die spinhoekmomentum van ’n elektron, langs enige rigting u^^𝑢\hat{u} gemeet, kan slegs een van twee waardes aanneem, naamlik 1212\frac{1}{2} of 1212-\frac{1}{2}. Hier is u^^𝑢\hat{u} enige eenheidsvektor in 3superscript3\mathbb{R}^{3}. Ons aanvaar dat fisiese eenhede sodanig gekies is, dat die Planckkonstante dieselfde as 2π2𝜋2\pi is. Die ooreenstemmende eietoestande word met |uketsubscript𝑢|\uparrow_{u}\rangle, respektiewelik |uketsubscript𝑢|\downarrow_{u}\rangle, aangedui. Hierdie toestande word spin-op, respektiewelik spin-af, in die u^^𝑢\hat{u}-rigting genoem. Dus, vir ’n gegewe rigting u^^𝑢\hat{u}, is daar ’n waarneembare, σusubscript𝜎𝑢\sigma_{u}, sodanig dat σu|u=12|usubscript𝜎𝑢ketsubscript𝑢12ketsubscript𝑢\sigma_{u}|\uparrow_{u}\rangle=\frac{1}{2}|\uparrow_{u}\rangle en σu|u=12|usubscript𝜎𝑢ketsubscript𝑢12ketsubscript𝑢\sigma_{u}|\downarrow_{u}\rangle=-\frac{1}{2}|\downarrow_{u}\rangle.

Elektrone word spin-1212\frac{1}{2} deeltjies genoem, omdat die grootte van enige elektron se spin ’n half is. Nog voorbeelde van spin-1212\frac{1}{2} deeltjies word gegee deur neutrinos, protone en neutrone. Deeltjies met spin besit ’n magnetiese moment, wat eksperimenteel waargeneem kan word as die defleksie van die deeltjies in ’n nie-homogene magnetiese veld (soos by die bekende Stern-Gerlach-eksperiment) of deur die magnetiese velde wat deur die deeltjies self voortgebring word.

Die verband tussen die spin in die z^^𝑧\hat{z}-rigting en die x^^𝑥\hat{x}-rigting is soos volg:

|x=12(|z+|z),ketsubscript𝑥12ketsubscript𝑧ketsubscript𝑧|\uparrow_{x}\rangle=\frac{1}{\sqrt{2}}(|\uparrow_{z}\rangle+|\downarrow_{z}\rangle), (1)

terwyl die ortogonale toestand gegee word deur

|x=12(|z|z).ketsubscript𝑥12ketsubscript𝑧ketsubscript𝑧|\downarrow_{x}\rangle=\frac{1}{\sqrt{2}}(|\uparrow_{z}\rangle-|\downarrow_{z}\rangle). (2)

Vir elk van die twee basiese spin-eietoestande in die x^^𝑥\hat{x}-rigting, sal ’n meting langs die z𝑧z-as die resultaat spin-op of spin-af lewer, elk met waarskynlikheid 1212\frac{1}{2}.

Beskou nou die samestelling

12(|x+|x).12ketsubscript𝑥ketsubscript𝑥\frac{1}{\sqrt{2}}(|\uparrow_{x}\rangle+|\downarrow_{x}\rangle). (3)

Hierdie toestand het die eienskap dat, as ons die spin langs die x𝑥x-as meet, dan verkry ons |xketsubscript𝑥|\uparrow_{x}\rangle of |xketsubscript𝑥|\downarrow_{x}\rangle, elk met waarskynlikheid 1212\frac{1}{2}. Ons mag nou vra: Wat gebeur as ons die toestand in (3) langs die z𝑧z-as meet?

Indien ons met klassieke bisse te doene sou hê, was die antwoord vanselfsprekend. Die toestand in (3) gaan by meting in een van twee toestande, en in elk met waarskynlikheid 1212\frac{1}{2}. Vir elk van die twee toestande, is die waarskynlikheid 1212\frac{1}{2} om rondom die positiewe of die negatiewe rigting langs die z𝑧z-as te spin. Dus vind ons spin-op met waarskynlikheid 1212\frac{1}{2} langs die z𝑧z-as.

Dit is egter nie die geval nie! Deur (1) en (2) bymekaar te tel, vind ons dat die toestand in (3) niks anders as die toestand |zketsubscript𝑧|\uparrow_{z}\rangle is nie. Dus sal die meting altyd |zketsubscript𝑧|\uparrow_{z}\rangle gee. Hier sien ons hoe by kwabisse, in teenstelling met klassieke probabilistiese bisse, waarskynlikheidsamplitudes, en nie waarskynlikhede nie, op onverwagse maniere bymekaar getel kan word. Ons sien hier, in sy eenvoudigste vorm, die verskynsel ,kwantuminterferensie’ in werking.

Verstrengeling

Beskou twee verskillende spin-1212\frac{1}{2} deeltjies A𝐴A en B𝐵B wat in die volgende saamgestelde toestand is:

|ΦAB=12(|A|B|A|B).subscriptketΦ𝐴𝐵12subscriptket𝐴subscriptket𝐵subscriptket𝐴subscriptket𝐵|\Phi\rangle_{AB}=\frac{1}{\sqrt{2}}(|\uparrow\rangle_{A}|\downarrow\rangle_{B}-|\downarrow\rangle_{A}|\uparrow\rangle_{B}).

In hierdie uitdrukking stel |A,|Asubscriptket𝐴subscriptket𝐴|\uparrow\rangle_{A},|\downarrow\rangle_{A} en |B,|Bsubscriptket𝐵subscriptket𝐵|\uparrow\rangle_{B},|\downarrow\rangle_{B} die basiese spin-eietoestande van die deeltjies A𝐴A en B𝐵B langs die z𝑧z-as voor. Beskou nou metings van die spin van elk van die deeltjies langs die z𝑧z-as. Kwantumteorie maak die volgende voorspellings:

  • Die uitkomste |Asubscriptket𝐴|\uparrow\rangle_{A} en |Asubscriptket𝐴|\downarrow\rangle_{A} is ewe waarskynlik en die metings |Bsubscriptket𝐵|\uparrow\rangle_{B} en |Bsubscriptket𝐵|\downarrow\rangle_{B} is ook ewe waarskynlik;

  • die gemete z𝑧z-komponente van die spin van A𝐴A en B𝐵B is perfek gekorreleerd, onafhanklik van die ruimtelike skeiding tussen A𝐴A en B𝐵B. Byvoorbeeld, as die gemete spin van A𝐴A spin-op is, dan sal ’n meting van B𝐵B altyd spin-af wees.

In hierdie geval is die toestande van die deeltjies A𝐴A en B𝐵B verstrengel (ëntangled”), want die saamgestelde toestand |ΦABsubscriptketΦ𝐴𝐵|\Phi\rangle_{AB} kan nie as |ϕA|ψBsubscriptketitalic-ϕ𝐴subscriptket𝜓𝐵|\phi\rangle_{A}|\psi\rangle_{B} gefaktoriseer word nie, want andersins, sou die spin van A𝐴A en B𝐵B definitiewe toestande gehad het wat onafhanklik van mekaar is. Daar is dus ’n bepaalde verstrengeling tussen hulle: nie een van die twee het ’n toestand van sy eie nie—totdat die spintoestand op enigeen van die twee gemeet word.

Dit is belangrik om daarop te let dat verstrengeling tussen A𝐴A en B𝐵B nie op ’n lokale wyse geskep kan word nie. Die enigste manier wat A𝐴A met B𝐵B verstrengel kan word, is deur ’n direkte fisiese interaksie tussen die twee substelsels te bewerkstellig. In teenstelling kan ons die toestand

|A|Bsubscriptket𝐴subscriptket𝐵|\uparrow\rangle_{A}|\uparrow\rangle_{B} (4)

voorberei sonder om A𝐴A en B𝐵B in kontak met mekaar te bring. Ons hoef slegs ’n (klassieke!) boodskap na twee eksperimenteerders te stuur met die versoek om elk ’n spin in die z𝑧z-rigting voor te berei. Die enigste manier om ’n verstrengelde toestand soos |ΦABsubscriptketΦ𝐴𝐵|\Phi\rangle_{AB} vanuit die toestand (4) te verkry is om ’n kollektiewe unitêre transformasie op (4) toe te pas. Ons kan dit nie verkry deur onafhanklike unitêre bewerkings op A𝐴A en B𝐵B onderskeidelik toe te pas nie. Ten einde die spintoestande van A𝐴A en B𝐵B te verstrengel moet ons hulle bymekaar bring en toelaat om wedersyds op mekaar in te werk.

Een van die belangrikste dryfvere agter kwantumteoretiese inligtingsverwerking is om verstrengeling van kwantumtoestande te bewerkstellig en te benut, want verstrengeling maak die ontwerp van merkwaardige algoritmes en bewysbaar-veilige kriptografiese stelsels moontlik. Verstrengeling het ook sy nadele. Inderdaad, verstrengeling van ’n kwantumtoestand met die makroskopiese omgewing kan tot ’n onderdrukking van superposisies van kwantumtoestande (dekoherensie) lei en dis juis sodanige superposisies wat vir die verwagte sukses van die kwantumalgoritmes verantwoordelik is. Hierdie probleem word aangepak deur van geskikte foutkorreksietegnieke gebruik te maak (7.4).

5 ’N MODEL VIR KWANTUMBEREKENING

Die basiese berekeningseenhede van kwantumberekening is die multi-kwabisse. ’n Binêre woord q0qksubscript𝑞0subscript𝑞𝑘q_{0}\ldots q_{k} van klassieke berekening word vervang deur die multi-kwabis

|q0qk=|q0|qk.ketsubscript𝑞0subscript𝑞𝑘tensor-productketsubscript𝑞0ketsubscript𝑞𝑘|q_{0}\ldots q_{k}\rangle=|q_{0}\rangle\otimes\cdots\otimes|q_{k}\rangle.

Ons sal dikwels ’n natuurlike getal met sy binêre voorstelling identifiseer. Ons identifiseer byvoorbeeld 6=1.22+1.2+06superscript1.221.206=1.2^{2}+1.2+0 met die woord 110110110 en op ’n soortgelyke manier word die toestand |6ket6|6\rangle deur die multi-kwabis |110ket110|110\rangle voorgestel, wat op sy beurt dieselfde is as die tensorproduk |1|1|0tensor-productket1ket1ket0|1\rangle\otimes|1\rangle\otimes|0\rangle.

Die vloei van ’n kwantumberekening word bepaal deur ’n eindige ry van unitêre transformasies U(ti)𝑈subscript𝑡𝑖U(t_{i}) (uit ’n familie U(t)𝑈𝑡U(t) wat kontinu van t𝑡t afhang) op kwabisse of multi-kwabisse. ’n Unitêre transformasie op ’n ruimte van multi-kwabisse word ’n kwantumhek genoem, dit wil sê, ’n kwantumhek is ’n unitêre transformasie op die tensorproduk van ’n gegewe maar eindige aantal 222-dimensionele Hilbert-ruimtes oor die komplekse getalle.

’n Kwantumberekening kan soos volg gevisualiseer word: ’n multi-kwabistoestand word voorberei wat deur ’n unitêre operator getransformeer word, naamlik die produk van die eindige ry unitêre transformasies waaraan die toestand onderwerp word. (Die produk, d.w.s. seriële samestelling, van unitêre transformasies is weer unitêr.) Die afvoer word verkry deur ’n gepaste waarneembare in die getransformeerde toestand te meet. Die moeilike kuns van kwantumprogrammering bestaan daarin dat die regte ry van unitêre transformasies ontwerp moet word, sodat hulle fisies realiseerbaar is, en sodat deur meting van ’n gepaste waarneembare by die afvoernode die korrekte uitkoms van die berekening (eiewaarde of eietoestand van die waarneembare) met sekerheid, of ten minste met ’n aanvaarbaar hoë waarskynlikheid, gevind sal word. Dié waarskynlikheid hoef nie eens so hoog te wees nie, mits daar ’n vinnige algoritme is om die korrektheid van die afvoer te toets (8).

As ’n illustrasie, beskou die unitêre transformasie op die enkel-kwabisruimte 2superscript2\mathbb{C}^{2}

U:|0:𝑈ket0\displaystyle U:|0\rangle maps-to\displaystyle\mapsto 12(|0+|1),12ket0ket1\displaystyle\frac{1}{\sqrt{2}}(|0\rangle+|1\rangle),
U:|1:𝑈ket1\displaystyle U:|1\rangle maps-to\displaystyle\mapsto 12(|0+|1).12ket0ket1\displaystyle\frac{1}{\sqrt{2}}(-|0\rangle+|1\rangle).

Hierdie afbeelding is unitêr, want die vektore U|0,U|1𝑈ket0𝑈ket1U|0\rangle,U|1\rangle vorm ’n ortonormale basis van die tweedimensionele Hilbert-ruimte, wat beteken dat U𝑈U die standaard ortonormale basis op ’n tweede ortonormale basis afbeeld. Laat S𝑆S die waarneembare wees só dat S|0=12|0𝑆ket012ket0S|0\rangle=\frac{1}{2}|0\rangle en S|1=12|1𝑆ket112ket1S|1\rangle=-\frac{1}{2}|1\rangle. Indien ons begin met die kwabis |0ket0|0\rangle en daarna U𝑈U daarop toepas, dan word die toestand U|0=|ψ0=12(|0+|1)𝑈ket0ketsubscript𝜓012ket0ket1U|0\rangle=|\psi_{0}\rangle=\frac{1}{\sqrt{2}}(|0\rangle+|1\rangle). Gestel die waarneembare S𝑆S word vervolgens in die toestand |ψ0ketsubscript𝜓0|\psi_{0}\rangle met betrekking tot die |0,|1ket0ket1|0\rangle,|1\rangle-basis (die standaard-basis) gemeet, dan word die uitkomste 1/2121/2 of 1/212-1/2 verkry, elk met waarskynlikheid 1/2121/2, en die kwabis is daarna in, respektiewelik en slegs oombliklik, |0ket0|0\rangle of |1ket1|1\rangle. Soortgelyk, indien ons met |1ket1|1\rangle begin, dan word dit deur U𝑈U getransformeer na |ψ1=12(|0+|1)ketsubscript𝜓112ket0ket1|\psi_{1}\rangle=\frac{1}{\sqrt{2}}(-|0\rangle+|1\rangle) en as ons S𝑆S in hierdie toestand meet, dan verkry ons dieselfde metingstatistiek en eindtoestande.

Let op dat die aksie van U𝑈U omkeerbaar is. Ons kan die aksie van U𝑈U omkeer deur van die unitêre transformasie Usuperscript𝑈U^{\dagger} gebruik te maak. Die meting is egter ’n onomkeerbare proses. Beide |0ket0|0\rangle en |1ket1|1\rangle lei tot dieselfde metingstatistiek. Hierdie is alreeds ’n interessante kwantumberekening. Dit simuleer ’n ewekansige muntstuk-gooi-eksperiment. In hierdie voorbeeld het die unitêre transformasie ’n aktiewe rol gespeel. Dit beskryf die toestandverandering wat deur ’n eksterne opwekking teweeggebring is. ’n Mens kan ook unitêre transformasies op ’n passiewe manier benut deur die basis waarin die meting gemaak word, te verander.

Ter illustrasie, laat S1=USUsubscript𝑆1𝑈𝑆superscript𝑈S_{1}=USU^{\dagger}. Dit is ook ’n waarneembare met dieselfde eietoestande |ψj,j=0,1formulae-sequenceketsubscript𝜓𝑗𝑗01|\psi_{j}\rangle,\;j=0,1, en eiewaardes ±1/2plus-or-minus12\pm 1/2. Indien ons S1subscript𝑆1S_{1} in die toestand |0ket0|0\rangle met betrekking tot die |ψ0,|ψ1ketsubscript𝜓0ketsubscript𝜓1|\psi_{0}\rangle,|\psi_{1}\rangle-basis meet het ons weereens uitkoms ±1/2plus-or-minus12\pm 1/2 elk met waarskynlikheid 1/2121/2 en die kwabis in toestand |ψ0ketsubscript𝜓0|\psi_{0}\rangle of |ψ1ketsubscript𝜓1|\psi_{1}\rangle ná die meting. Dit volg vanuit die identiteite

|0ket0\displaystyle|0\rangle =\displaystyle= 12(|ψ0|ψ1)12ketsubscript𝜓0ketsubscript𝜓1\displaystyle\frac{1}{\sqrt{2}}(|\psi_{0}\rangle-|\psi_{1}\rangle)
|1ket1\displaystyle|1\rangle =\displaystyle= 12(|ψ0+|ψ1).12ketsubscript𝜓0ketsubscript𝜓1\displaystyle\frac{1}{\sqrt{2}}(|\psi_{0}\rangle+|\psi_{1}\rangle).

Dit is ’n voorbeeld van inligtingsverwerking verkry vanuit die meting van ’n waarneembare in ’n geskikte raamwerk van basis-eievektore.

Een van die belangrikste hekke vir kwantumberekening is die sogenaamde Hadamard-kwantumhek H𝐻H. Dit werking van H𝐻H is soos volg:

|012(|0+|1),maps-toket012ket0ket1|0\rangle\mapsto\frac{1}{\sqrt{2}}(|0\rangle+|1\rangle),

en

|112(|0|1).maps-toket112ket0ket1|1\rangle\mapsto\frac{1}{\sqrt{2}}(|0\rangle-|1\rangle).

Die matriksvoorstelling van H𝐻H met betrekking tot die standaard-basis |0,|1ket0ket1|0\rangle,|1\rangle word gegee deur

H=12(1111).𝐻121111H=\frac{1}{\sqrt{2}}\left(\begin{array}[]{cr}1&1\\ 1&-1\end{array}\right).

Die operator H𝐻H is unitêr, want dit beeld die standaard ortonormale |0,|1ket0ket1|0\rangle,|1\rangle-basis op die ortonormale basis 12(|0+|1),12(|0|1)12ket0ket112ket0ket1\frac{1}{\sqrt{2}}(|0\rangle+|1\rangle),\frac{1}{\sqrt{2}}(|0\rangle-|1\rangle) af.

Die twee unitêre transformasies U,H:22:𝑈𝐻superscript2superscript2U,H:\mathbb{C}^{2}\rightarrow\mathbb{C}^{2} wat ons sopas bespreek het, is enkel-kwabishekke wat werk op die standaardbasis |0,|1ket0ket1|0\rangle,|1\rangle van 2superscript2\mathbb{C}^{2}. ’n Mens kan aantoon dat daar ooraftelbaar veel sulke hekke is en dat enigeen van hulle, gesien as unitêre 2×2222\times 2 matriks oor \mathbb{C}, die vorm

eia(cosbisinbisinbcosb)(coscsincsinccosc)(eid00eid)superscript𝑒𝑖𝑎𝑏𝑖𝑏𝑖𝑏𝑏𝑐𝑐𝑐𝑐superscript𝑒𝑖𝑑00superscript𝑒𝑖𝑑e^{ia}\left(\begin{array}[]{cr}\cos b&-i\sin b\\ -i\sin b&\cos b\end{array}\right)\left(\begin{array}[]{cr}\cos c&-\sin c\\ \sin c&\cos c\end{array}\right)\left(\begin{array}[]{cr}e^{-id}&0\\ 0&e^{id}\end{array}\right)

het, met a,b,c,d𝑎𝑏𝑐𝑑a,b,c,d enige keuse van vier reële getalle. Vir

U=12(1111)𝑈121111U=\frac{1}{\sqrt{2}}\left(\begin{array}[]{cr}1&1\\ -1&1\end{array}\right)

het ons a=b=d=0𝑎𝑏𝑑0a=b=d=0\; en c=π4𝑐𝜋4\;c=-\frac{\pi}{4}; terwyl vir die Hadamardhek a=d=π2𝑎𝑑𝜋2a=d=\frac{\pi}{2}, b=0𝑏0b=0, en c=π4𝑐𝜋4c=\frac{\pi}{4}.

Nog ’n belangrike hek is die sogenaamde fasehek S𝑆S. Die matriksvoorstelling van S𝑆S met betrekking tot die standaardbasis word gegee deur

S=(100i),a=d=π4,b=c=0.formulae-sequenceformulae-sequence𝑆100𝑖𝑎𝑑𝜋4𝑏𝑐0S=\left(\begin{array}[]{cc}1&0\\ 0&i\end{array}\right),\;a=d=\frac{\pi}{4},\;b=c=0.

Dit laat die kwabis |0ket0|0\rangle onveranderd en beeld |1ket1|1\rangle af op i|1𝑖ket1i|1\rangle. In die algemeen, geld

S:α|0+β|1α|0+iβ|1.:𝑆maps-to𝛼ket0𝛽ket1𝛼ket0𝑖𝛽ket1S:\alpha|0\rangle+\beta|1\rangle\mapsto\alpha|0\rangle+i\beta|1\rangle.

Die T𝑇T-hek is die operator met matriksvoorstelling

T=(100eiπ/4),a=d=π8,b=c=0,formulae-sequenceformulae-sequence𝑇100superscript𝑒𝑖𝜋4𝑎𝑑𝜋8𝑏𝑐0T=\left(\begin{array}[]{cc}1&0\\ 0&e^{i\pi/4}\end{array}\right),\;a=d=\frac{\pi}{8},\;b=c=0,

met betrekking tot die standaardbasis.

Die prototipiese multi-kwabiskwantumhek is die beheerde-nie- of BNIE-hek. Hierdie hek het twee invoer-kwabisse; die eerste word die 𝑏𝑒ℎ𝑒𝑒𝑟𝑏𝑒ℎ𝑒𝑒𝑟\it beheer-kwabis en die tweede word die teiken-kwabis genoem. Die werking van hierdie hek kan soos volg beskryf word: Indien die beheer-kwabis nul is, dan bly die teiken-kwabis onveranderd. Indien die beheer-kwabis een is, dan word die teiken-kwabis omgeruil, met ander woorde:

BNIE:|00|00;|01|01;|10|11;|11|10.:BNIEformulae-sequencemaps-toket00ket00formulae-sequencemaps-toket01ket01formulae-sequencemaps-toket10ket11maps-toket11ket10\emph{BNIE}:|00\rangle\mapsto|00\rangle;\;|01\rangle\mapsto|01\rangle;\;|10\rangle\mapsto|11\rangle;\;|11\rangle\mapsto|10\rangle.

Dit is ’n unitêre transformasie aangesien dit die ortonormale basis (|00,|01,|10,|11)ket00ket01ket10ket11(|00\rangle,|01\rangle,|10\rangle,|11\rangle) van 22tensor-productsuperscript2superscript2\mathbb{C}^{2}\otimes\mathbb{C}^{2} permuteer. Die matriks van BNIE met betrekkking tot hierdie basis word (soos in die klassieke geval) gegee deur

BNIE=(1000010000010010).BNIE1000010000010010\emph{BNIE}=\left(\begin{array}[]{cccc}1&0&0&0\\ 0&1&0&0\\ 0&0&0&1\\ 0&0&1&0\end{array}\right).

Elke unitêre transformasie op die multi-kwabisse is ’n lineêre afbeelding

U:j=1njj=1nj:𝑈superscriptsubscripttensor-product𝑗1𝑛subscript𝑗superscriptsubscripttensor-product𝑗1𝑛subscript𝑗U:\bigotimes_{j=1}^{n}\mathcal{H}_{j}\rightarrow\bigotimes_{j=1}^{n}\mathcal{H}_{j}

waar elke isubscript𝑖\mathcal{H}_{i} ’n kopie van die toestandruimte 2superscript2\mathbb{C}^{2} van ’n enkele kwabis is. Dit is merkwaardig, maar kan bewys word, dat enige sodanige unitêre transformasie as ’n eindige tensorproduk van unitêre operatore geskryf kan word, elk waarvan óf op ’n enkele kwabis inwerk óf die BNIE-hek is. Dit beteken dat die enkel-kwabishekke en die BNIE-hek as voortbringers van al die kwantumhekke op multi-kwabisse beskou kan word. Let op dat die enkel-kwabishekke ’n kontinuum vorm, terwyl, ten einde kwantumrekenaars te bou, dit nodig is om met ’n diskrete versameling van hekke te werk. Dit kan aangetoon word dat enige enkel-kwabishek benader kan word tot en met willekeurige akkuraatheid deur samestellings van ’n vaste eindige versameling hekke. ’n Voorbeeld van so ’n eindige versameling is {H;S;T}𝐻𝑆𝑇\{H;S;T\}.

6 VOORBEELD: DIE DEUTSCH-JOZSA-ALGORITME

In 1992 het David Deutsch en Richard Jozsa die eerste nie-triviale algoritme vir kwantumberekening gepubliseer. Die doel van dié algoritme is om te bepaal of ’n funksie wat slegs die waardes 0 of 1 kan aanneem op ’n eindige definisieversameling gebalanseerd óf identies nul is. Met gebalanseerd bedoel ons dat die funksie ewe veel keer die waarde 0 aanneem as 1. Die probleem veronderstel dat ons kan aanvaar dat die betrokke funksie niks anders as identies nul of gebalanseerd kan wees nie.

Sonder verlies aan algemeenheid neem ons aan dat die definisieversameling van die funksies wat ons beskou {0;1}nsuperscript01𝑛\{0;1\}^{n} is, m.a.w. dat dit bestaan uit alle woorde van lengte n𝑛n (daar is natuurlik 2nsuperscript2𝑛2^{n} sulke woorde) oor die binêre alfabet. In die klassieke geval kan dit gebeur dat ons die funksiewaarde by die helfte plus een, oftewel 2n1+1superscript2𝑛112^{n-1}+1 van hierdie 2nsuperscript2𝑛2^{n} woorde moet ondersoek alvorens ons ’n beslissing kan maak. Kwantumberekening maak dit egter moontlik om—selfs in die ergste geval—die funksie vir gebalanseerdheid te ondersoek in ’n aantal stappe wat slegs lineêr groei in n𝑛n i.p.v. eksponensieel soos in die klassieke geval. Ons neem aan dat daar ’n orakel111 In die rekenaarwetenskap is ’n orakel ’n tipe van toorkissie (black box) wat byvoorbeeld ’n bepaalde funksie kan bereken. Die orakel word toegevoeg aan ’n Turing-masjien en daar word dan ondersoek wat die masjien kan bereken wanneer dit toegang tot hierdie toorkissie het. Daar word altyd presies gedefinieer wat die orakel bereken maar glad nie hoe nie. Dié naam is natuurlik ontleen aan die bekende waarsêers van die klassieke tyd, o.a. die Orakels van Delfi (in Griekeland) en Ammon (in Egipte). beskikbaar is vir die berekening van die funksiewaardes van f𝑓f, sonder koste aan tyd of ruimte. So ’n orakel kan dan gebruik word om te beslis of f𝑓f gebalanseerd of identies nul is, maar ten koste daarvan om minstens 2n1+1superscript2𝑛112^{n-1}+1 funksiewaardes te ondersoek. Deutsch en Jozsa wou ’n voorbeeld gee van ’n egte kwantumalgoritme wat parallelisme benut en dié algoritme is miskien eerder leersaam as nuttig.

Met register hier onder sinspeel ons op ’n geheueregister in ’n digitale rekenaar, d.w.s. ’n klein geheue-element waartoe die verwerker vinnige lees- en skryftoegang het. In die geval van ’n kwantumberekening is dit ’n manier om die kwabisse in ons berekening te organiseer in die beskrywing van die algoritme. Die algoritme om te bepaal of f:{0;1}n{0;1}:𝑓superscript01𝑛01f:\{0;1\}^{n}\rightarrow\{0;1\} identies 0 is of gebalanseerd, maak gebruik van ’n tweeregister-kwantumtoestel. Die eerste register het n𝑛n kwabisse, almal aanvanklik in die basistoestand |0ket0|0\rangle, en die tweede register ’n enkele kwabis, ook in |0ket0|0\rangle. Die eerste stap bestaan daaruit dat die Walsh-Hadamard-hek toegepas word op die eerste register sodat die masjien in die toestand

H|0n=12n/2x{0;1}n|x|0𝐻ketsuperscript0𝑛1superscript2𝑛2subscript𝑥superscript01𝑛ket𝑥ket0H|0^{n}\rangle=\frac{1}{2^{n/2}}\sum_{x\in\{0;1\}^{n}}|x\rangle|0\rangle

geplaas word. Nou word die (kwantum-)funksiewaarde bereken deur die kwantumweergawe van die orakel en in die tweede register geplaas, sodat ons die toestand

12n/2x{0;1}n|x|f(x)1superscript2𝑛2subscript𝑥superscript01𝑛ket𝑥ket𝑓𝑥\frac{1}{2^{n/2}}\sum_{x\in\{0;1\}^{n}}|x\rangle|f(x)\rangle

verkry. Dié stap is die kwantumekwivalent van die berekening van f(x)𝑓𝑥f(x) en skryf na die tweede register wanneer x𝑥x in die eerste register is. Die beginsel is hier ingeroep dat ons met die kwantum-orakel die funksiewaardes oor ’n gemengde toestand kan bepaal en in die tweede register plaas. Eintlik is hierdie bewerking niks anders as die basiese toepassing van die kwantum-orakel nie. Hoekom? In die kwantumwêreld is berekenings omkeerbaar en dus moet ons eers dink hoe ’n klassieke omkeerbare orakel vir n𝑛n-bis-invoere sou werk. Dié orakel sou byvoorbeeld n+1𝑛1n+1 bisse (z1,z2,,zn,zn+1)Tsuperscriptsubscript𝑧1subscript𝑧2subscript𝑧𝑛subscript𝑧𝑛1𝑇\left(z_{1},z_{2},\ldots,z_{n},z_{n+1}\right)^{T} as invoer neem en dít transformeer na (z1,z2,zn,f(z1,,zn)zn+1)Tsuperscriptsubscript𝑧1subscript𝑧2subscript𝑧𝑛direct-sum𝑓subscript𝑧1subscript𝑧𝑛subscript𝑧𝑛1𝑇\left(z_{1},z_{2},\ldots z_{n},f(z_{1},\ldots,z_{n})\oplus z_{n+1}\right)^{T}. (Hier dui direct-sum\oplus op optelling modulo 2.) Die kwantum-orakel transformeer eenvoudig |x|yket𝑥ket𝑦|x\rangle|y\rangle na |x|f(x)yket𝑥ketdirect-sum𝑓𝑥𝑦|x\rangle|f(x)\oplus y\rangle, wat is wat ons hierbo wou hê! Vervolgens word die transformasie wat deur die unitêre matriks

(1001)1001\left(\!\begin{array}[]{rr}1&0\\ 0&-1\end{array}\!\right)

voorgestel word op die tweede register toegepas.

|f(x)=|0,f(x)=0formulae-sequenceket𝑓𝑥ket0𝑓𝑥0\displaystyle|f(x)\rangle=|0\rangle,f(x)=0 ::\displaystyle: (1001)|0=(1001)(10)=(10)=(1)f(x)|f(x);1001ket010011missing-subexpression0missing-subexpression1missing-subexpression0missing-subexpressionsuperscript1𝑓𝑥ket𝑓𝑥\displaystyle\left(\!\begin{array}[]{rr}1&0\\ 0&-1\end{array}\!\right)|0\rangle=\left(\!\begin{array}[]{rr}1&0\\ 0&-1\end{array}\!\right)\left(\!\begin{array}[]{rr}1\\ 0\end{array}\!\right)=\left(\!\begin{array}[]{rr}1\\ 0\end{array}\!\right)=(-1)^{f(x)}|f(x)\rangle;
|f(x)=|1,f(x)=1formulae-sequenceket𝑓𝑥ket1𝑓𝑥1\displaystyle|f(x)\rangle=|1\rangle,f(x)=1 ::\displaystyle: (1001)|1=(1001)(01)=(01)=(1)f(x)|f(x).1001ket110010missing-subexpression1missing-subexpression0missing-subexpression1missing-subexpressionsuperscript1𝑓𝑥ket𝑓𝑥\displaystyle\left(\!\begin{array}[]{rr}1&0\\ 0&-1\end{array}\!\right)|1\rangle=\left(\!\begin{array}[]{rr}1&0\\ 0&-1\end{array}\!\right)\left(\!\begin{array}[]{rr}0\\ 1\end{array}\!\right)=\left(\!\begin{array}[]{rr}0\\ -1\end{array}\!\right)=(-1)^{f(x)}|f(x)\rangle.

Die toestand van die masjien is nou

12n/2x{0;1}n(1)f(x)|x|f(x).1superscript2𝑛2subscript𝑥superscript01𝑛superscript1𝑓𝑥ket𝑥ket𝑓𝑥\frac{1}{2^{n/2}}\sum_{x\in\{0;1\}^{n}}(-1)^{f(x)}|x\rangle|f(x)\rangle.

Nou herbereken die masjien f(x)𝑓𝑥f(x) met behulp van die orakel, en plaas |f(x)f(x)ketdirect-sum𝑓𝑥𝑓𝑥|f(x)\oplus f(x)\rangle in die tweede register. Tegnies gesproke was hierdie nou net weer ’n toepassing van die kwantum-orakel soos hierbo beskryf. Hoewel ons eintlik nou net die tweede register uitgevee het (|0ket0|0\ranglegemaak het) is dit nodig om dit op dié manier te doen, omdat die tweede register tydens die berekening verstrengel is met die eerste register en ons die inbring van die faktor (1)f(x)superscript1𝑓𝑥(-1)^{f(x)} nie so direk apart kan hanteer nie. Die stelsel is nou in die toestand

12n/2x{0;1}n(1)f(x)|x|01superscript2𝑛2subscript𝑥superscript01𝑛superscript1𝑓𝑥ket𝑥ket0\frac{1}{2^{n/2}}\sum_{x\in\{0;1\}^{n}}(-1)^{f(x)}|x\rangle|0\rangle

en hierdie toestand gaan gebruik word om die afvoer te bepaal deur die Walsh-Hadamard-hek weer ’n keer op die eerste register toe te pas. Nou, die Walsh-Hadamard-hek is sy eie inverse, so indien f(x)=0𝑓𝑥0f(x)=0 vir alle x𝑥x dan verkry ons in die eerste register eenvoudig |0nketsuperscript0𝑛|0^{n}\rangle. Indien f𝑓f gebalanseerd is, dan gebruik ons die feit dat die voorlaaste toestand van die eerste register,

12n/2x{0;1}n(1)f(x)|x1superscript2𝑛2subscript𝑥superscript01𝑛superscript1𝑓𝑥ket𝑥\frac{1}{2^{n/2}}\sum_{x\in\{0;1\}^{n}}(-1)^{f(x)}|x\rangle

loodreg is (in die toestandruimte) op H|0n𝐻ketsuperscript0𝑛H|0^{n}\rangle en derhalwe is

H(12n/2x{0;1}n(1)f(x)|x)loodreg opH(H|0n)=|0n.𝐻1superscript2𝑛2subscript𝑥superscript01𝑛superscript1𝑓𝑥ket𝑥loodreg op𝐻𝐻ketsuperscript0𝑛ketsuperscript0𝑛H\left(\frac{1}{2^{n/2}}\sum_{x\in\{0;1\}^{n}}(-1)^{f(x)}|x\rangle\right)\quad\mbox{loodreg op}\quad H(H|0^{n}\rangle)=|0^{n}\rangle.

Die slotgevolgtrekking is dat indien f𝑓f gebalanseerd is, sal ons nooit 0nsuperscript0𝑛0^{n} aflees in die eerste register nie, maar indien f𝑓f identies nul is sal ons altyd 0nsuperscript0𝑛0^{n} aflees in die eerste register aan die einde van die berekening.

Let op dat die Deutsch-Jozsa-algoritme geen probabilistiese aspek het nie—dit gee deterministies die korrekte antwoord na ’n aantal stappe. Maar hoeveel berekeningstappe dan? Wel, soos vir die klassieke algoritme neem ons aan dat daar ’n (kwantum-)orakel vir f𝑓f is. Dié algoritme vereis ’n vaste aantal toepassings van die Walsh-Hadamard-hek, twee evaluerings van f𝑓f deur die kwantumorakel op die kwantumstelsel en ten slotte die klassieke kontrole van n𝑛n bisse in die eerste register. Die gewenste resultaat word dus verkry in ’n aantal stappe asimptoties eweredig aan n𝑛n. Hierdie algoritme toon duidelik aan dat ’n probleem waarvan die tydkompleksiteit klassiek eksponensieel groei deur middel van kwantumrekene tot lineêre tydkompleksiteit gereduseer kan word. Daar bestaan tans maar één ander algoritme—Simon se algoritme—wat eenduidig bewese versnelling van eksponensiële tyd in die klassieke geval na polinoomtyd in die kwantumrekene behels.

Navorsers van Innsbruck en die MIT Media Laboratory het in 2003 in die tydskrif Nature bekend gemaak dat hulle daarin geslaag het om dié algoritme te implementeer met ’n enkele atoom van kalsium in ’n sogenaamde ioonval (wat in 7.1 bespreek word).

7 EKSPERIMENTELE UITDAGINGS EN ONTWERPSPROBLEME BY KWANTUMBEREKENING

Wanneer die probleme by kwantumberekening beskou word—en met die huidige tegnologie is nog, sover bekend, geen nuttige berekening met ’n kwantumrekenaar gedoen nie—behoort ’n mens in ag te neem dat kwantumberekening deels sy ontstaan het in die beskouing van die probleme wat klassieke berekening in die gesig staar wanneer stroombane só klein word dat kwantumeffekte nie meer geïgnoreer kan word nie. Denkers soos Feynman en Manin het in hierdie probleem ’n uitdaging gesien en daaruit het die huidige teorie en praktyk van kwantumberekening gevloei. Die mees onmiddellike probleme wanneer daar oor die praktiese implementering van ’n kwantumrekentoestel gedink word, kan geredelik onder vier hoofde beskou word:

7.1 Fisiese realisering van die kwabis

Hierdie probleem—om ’n enkele kwabis of ’n kwabisregister in nagenoeg geïsoleerde toestand daar te stel sodat dit in berekeninge gebruik kan word, o.a. deur die Walsh-Hadamard-hekaksie daarop toe te pas—is eintlik opgelos. Daar is ’n hele aantal maniere om ’n kwantumstelsel met twee klassieke toestande te isoleer en te manipuleer en die werklike uitdaging is om ’n kwabis-implementering te kies of te vind wat die ander ingenieursoogmerke ondersteun. Die versameling tegnieke wat reeds gebruik (kan) word bevat o.a. die volgende.

Heteropolimere

Die eerste kwantumrekentoestel gebaseer op heteropolimere is reeds in die 1980’s ontwerp. In die heteropolimeer-rekenaar word ’n lineêre skikking van atome gebruik as die geheue-selle. Laserpulse van toepaslike frekwensies word gebruik om bewerkings toe te pas. Weens dipool-interaksies van atome in ’n heteropolimeer is dit moontlik om individuele atome te adresseer met dié pulse.

Ioonvalle

In ’n ioonvalrekenaar word inligting gekodeer deur die energietoestande van ione en in die vibrasiemodusse tussen dié ione. Bewerkings op die kwabisse word weereens per laser uitgevoer en elke ioon word deur ’n afsonderlike laser aangedryf. ’n Enkele berillium-atoom kan gebruik word om ’n beheerde-nie-hek te implementeer.

KED-holtes

Kwantumelektrodinamiese (KED-) holtes kan gebruik word om kwabisse, wat fisies deur ’n enkele foton voorgestel word, te manipuleer.

Kernmagnetiese resonansie (KMR)

Spintoestande van atoomkerne in molekules in ’n vloeistof-ampule in ’n KMR-masjien kan kwabisse voorstel en ook gemanipuleer word. In hierdie geval word daar eintlik met ’n ensemble van kwantumrekenaars gewerk, anders as in die implementerings hierbo.

Kwantumkrale

Kwantumkrale (Engels: ”quantum dots”) is baie klein toestelle waarin ’n klein aantal vrye elektrone (of moontlik net één) vasgevang word. In hierdie toestand word kwantum-energievlakke aangetref wat gebruik kan word vir die daarstelling van kwantumbisse.

Kane-rekenaars

Bruce Kane, toe nog by die Universiteit van Nieu-Suid-Wallis (UNSW) in Sydney, het in 1998 voorgestel dat enkele fosfor-atome ingebed word in ’n laag suiwer silikon, sowat 20nm onder die oppervlak, en dat die spintoestand van die fosfor-atome gebruik word as kwabisse. Hierdie benadering het twee hoofvoordele: die dekoherensietyd (7.3) van die spintoestande van die fosfor-atome is besonder lank, en die toestande kan met ’n magneetveld gemanipuleer word en derhalwe in beginsel geïntegreer word in bestaande elektroniese toestelle. Navorsers by UNSW kon teen November 2002 reeds ’n kwabis op hierdie manier verwerklik. Kane-rekenaars is steeds ’n fokuspunt van navorsing in Australië.

Die Josephson-las

’n Josephson-las bestaan uit twee supergeleiers wat geskei word deur ’n nie-supergeleidende laag só dun dat elektrone deur die isolerende laag kan tonnel (die Josephson-effek). Drie Josephson-lasse kan só opgestel word dat die stelsel twee stabiele waarneembare kwantumtoestande het wat as kwabis gebruik kan word. Bestaande tegnieke vir optiese litografie sou gebruik kon word om ’n kwantum-stroombaan gebaseer op Josephson-lasse te bou.

7.2 Beheerde superposisie

Al die tegnieke vir die daarstelling van ’n kwabis hierbo genoem leen hulself daartoe om kwantumregisters van verskeie kwabisse op te stel en te hanteer. In Augustus 2000 het Isaac Chuang en kollegas byvoorbeeld ’n KMR-kwantumrekenaar met vyf kwabisse gedemonstreer. Omdat KMR ’n gesofistikeerde en goed bemeesterde tegnologie is, het heelwat van die vooruitgang in kwantumberekening tot dusver van hierdie tegniek gebruik gemaak. Ioonvalrekenaars (7.1) blyk geskik te wees vir die uitvoer van die diskrete Fourier-transformasie en derhalwe moontlik vir Shor se algoritme (sien onder). Kwantumkrale en Josephson-lasse het die voordeel dat hulle geïntegreer kan word in gewone stroombane (sonder lasers e.d.m.). In 2003 het NEC en die Riken-navorsingsinstituut in Japan ’n tweekwabis-toestel met Josephson-lasse voltooi en ’n beheerde-nie-hek geïmplementeer. Vir ’n Kane-rekenaar is aangetoon hoe ’n stel universele hekke verkry kan word vir kwantumberekening.

7.3 Dekoherensie

Kwantumdekoherensie kan bes beskryf word as die proses waardeur ’n kwantumstelsel wegdryf van sy teoretiese kwantumbeskrywing as gevolg van interaksie met die klassieke, makroskopiese wêreld. Die mees dramatiese instansie hiervan is met die proses van meting, wanneer die kwantumtoestand vir ’n oomblik gereduseer word tot ’n eietoestand van die operator (waarneembare) wat met die meting geassosieer word. Dit is dan eers na dekoherensie dat Schrödinger se kat222 ’n Gedagte-eksperiment versin (1935) deur die fisikus Erwin Schrödinger. Die kat word in ’n verseëlde kis geplaas met ’n kwantumtoestel wat met waarskynlikheid 50% ’n toestand bereik wat veroorsaak dat ’n gif vrygestel word wat tot die dood van die kat lei. Die vraag is wat die toestand binne die kissie kan wees vóór dit oopgemaak word. as ’t ware regtig in die moeilikheid kan wees. Die dekoherensieproses verklaar waarom fotone, elektrone ens. in die praktyk duidelike lokalisering het en die kenmerke van klassieke deeltjies vertoon.

In die tweegleufeksperiment333 Die tweegleufeksperiment (1805) het oorspronklik bestaan daaruit dat lig deur twee gleuwe diffrakteer word en kringe op ’n skerm vorm. Dié kringe (interferensiepatrone) het donker en ligte dele wat dui op die golf-geaardheid van die lig. Wanneer die eksperiment egter met elektrone uitgevoer word, kan ons ook interferensiepatrone sien. Dít dui op ’n golfkarakter ook van elektrone. verklaar dekoherensie dat, ten spyte van die interferensiepatroon wat op die plaat opgemerk kan word, elektrone wel een-vir-een op die plaat inval—soos hulle die elektrongeweer verlaat het. Dekoherensie kan vroeër op dié stelsel geforseer word deur ’n meting te doen by elk van die gleuwe. In dié geval verdwyn die interferensiepatroon op die plaat, m.a.w. die kwantumstelsel het a.g.v. die voortydige ingryping ’n dramatiese dekoherensie ondergaan. Dié voorbeeld wys ook hoe dekoherensie beïnvloed kan word deur die gebeure in die omgewing van die stelsel—in hierdie geval of daar meting by die gleuwe plaasvind al dan nie.

By kwantumberekening wil ’n mens uit die aard van die saak dekoherensie vermy—minstens totdat die finale meting plaasvind. In die geval van die beheerde-nie-hek met een berilliumatoom in ’n ioonval word koherensie binne rofweg een millisekonde verloor en dit is nie baie moeilik om te besef dat betekenisvolle berekenings ietwat langer koherensietye mag verg nie. Omdat foute begin intree in die berekening lank voordat dekoherensie heeltemal ingetree het, word soms ietwat arbitrêr gemeen dat ’n enkele toepassing van ’n kwantumlogiese hek nie meer as 110000110000\frac{1}{10000} van die tyd tot dekoherensie behoort te gebruik nie.

Daar is ’n interpretasie van kwantumteorie, die GRW-model van Ghirardi, Rimini en Weber, wat postuleer dat ’n kwantumstelsel sporadies spontaan dekohereer, d.w.s. uit ’n verstrengeling van toestande na een van daardie toestande spring, sonder dat enige meting of interaksie met die makroskopiese omgewing plaasgevind het. As dít waar is, dan is die probleem van dekoherensie vir kwantumberekening nog erger as wat ons gemeen het.

7.4 Kwantumfoutkorreksie

Kwantumfoutkorreksie behels metodes om kwantuminligting teen foute wat vanweë dekoherensie (7.3), dit wil sê, verval van interferensie, en ander geruis ontstaan, te beskerm. Klassieke foutkorreksie maak van oortolligheid gebruik. Die eenvoudigste manier is om inligting herhaalde kere te stoor en, as kopieë later van mekaar verskil, ’n meerderheidstem te neem ten einde die fout te herstel. Hierdie eenvoudige idee kan nie by kwantuminligting gebruik word nie, aangesien dit aangetoon kan word dat dit fisies onmoontlik is om ’n kopie van ’n kwabis te maak. Dit volg uit die sogenaamde Kloonverbod-stelling: Daar is geen kwantumbewerking wat alle toestande |ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle na |ϕ|ϕtensor-productketitalic-ϕketitalic-ϕ|\phi\rangle\otimes|\phi\rangle transformeer nie.

Ten spyte hiervan het Peter Shor besef dat, al kan kwantuminligting nie gekopieer word nie, die inligting van ’n enkele kwabis oor verskeie kwabisse ,versprei’ kan word deur van ’n sogenaamde kwantumfoutkorreksiekode gebruik te maak. Dus, danksy die ontwerp van Shor, as geruis of dekoherensie ’n kwabis bederf, sal die inligting nie verlore wees nie.

Dit is die geval omdat ’n kode vir kwantumfoutkorreksie sodanig ontwerp is dat ’n sekere meting, die sogenaamde sindroommeting, gemaak kan word wat kan vasstel welke kwabis bedorwe is en boonop op welke van ’n eindige aantal maniere die fout gebeur het. Dit is ’n verrassende resultaat: Aangesien geruis willekeurig is, hoe kan die effek van geruis slegs een van ’n eindige aantal moontlikhede wees? Vir die meeste kodes, kan die effek deur ’n unitêre transformasie beskryf word wat, met betrekking tot ’n geskikte basis, een van die Pauli-matrikse X,Y,Z𝑋𝑌𝑍X,Y,Z is. Die rede hiervoor is dat die meting van die sindroom die projeksie-effek van ’n kwantummeting het. Dus selfs al was die fout vanweë die geraas willekeurig, kan dit as ’n superposisie van die Pauli-matrikse

(0110),(0ii0)en(1001)01100𝑖𝑖0en1001\left(\!\begin{array}[]{rr}0&1\\ 1&0\end{array}\!\right),\quad\left(\!\begin{array}[]{rr}0&-i\\ i&0\end{array}\!\right)\quad\mbox{en}\quad\left(\!\begin{array}[]{rr}1&0\\ 0&-1\end{array}\!\right)

tesame met die identiteit I𝐼I uitgedruk word. Die agterliggende aanname is dat ’n versteuring op ’n kwabis deur ’n unitêre bewerking voorgestel kan word. Die sindroommeting ,dwing’ die kwabis om te ,besluit’ of ’n sekere ,Pauli-fout’ ,gebeur’ het en die sindroom vertel ons welke, sodat dieselfde ,Pauli-fout’ gebruik kan word om die effek van die fout om te keer. Die sindroommeting vertel ons soveel moontlik omtrent die fout wat plaasgevind het, maar niks omtrent die waarde van die kwabis nie—andersins sou die meting enige kwantumsuperposisie van die kwabis met ander kwabisse vernietig het.

8 BEREKENINGSTAKE, -WYSES EN -TYE

Om enige berekening werklik uit te voer, is ’n fisiese stelsel nodig, soos ’n mens met potlood en papier, of ’n rekenaar. In kwantumberekening, benut die kwantumrekenaar ’n eienskap van die fisiese wêreld wat nooit tevore in berekening ’n rol gespeel het nie: die bestaan van verstrengelde toestande wat groot hoeveelhede inligting (simboolstringe) gelyktydig (in die onvertakte stroombaan van een kwantumrekenaar) kan voorstel en bewerk, in plaas van afsonderlik. Dit laat mens vermoed dat die belangrikste potensiële nut van kwantumrekenaars mag lê in die uitvoering van berekeningstake wat andersins ’n groot aantal soortgelyke stappe sou verg (óf agtereenvolgens deur dieselfde toestel, óf deur ’n groot aantal soortgelyke toestelle), wat nou gelyktydig deur een toestel uitgevoer kan word—met ’n enorme besparing van tyd.

Om ’n prototipe van só ’n berekeningstaak te kry, dink ons aan die telefoongids. Die gids is die eksplisiete beskrywing van ’n bijeksie t:xt(x):𝑡maps-to𝑥𝑡𝑥t:x\mapsto t(x) waar x𝑥x ’n naam is en t(x)𝑡𝑥t(x) die telefoonnommer(s) van x𝑥x, met die x𝑥x’e alfabeties georden. Die taak vir hierdie x𝑥x, vind t(x)𝑡𝑥t(x)” is maklik en kan vinnig uitgevoer word omdat ons ’n vinnige algoritme het om x𝑥x in die alfabetiese ordening te vind. Maar dink nou aan die taak wat t1superscript𝑡1t^{-1} stel: 8374608 is ’n t(x)𝑡𝑥t(x), vind x𝑥x”. Omdat die nommers in die gids geen orde vertoon wat vinnige opsporing van ’n nommer moontlik maak nie, is daar geen ander genade as om stelselmatig deur die hele gids te werk totdat 8374608 gevind word, waarna die betrokke x𝑥x in een stap bereik word. Hier het ons dus ’n bijeksie waarvoor xt(x)maps-to𝑥𝑡𝑥x\mapsto t(x) maklik en vinnig is, terwyl t(x)xmaps-to𝑡𝑥𝑥t(x)\mapsto x geweldig tydrowend is om seriegewys te bereken uit die databasis.

Hoe tydrowend? Wel, as die databasis n𝑛n inskrywings het, dan sal x𝑥x (vir ’n gegewe t(x)𝑡𝑥t(x)) in, gemiddeld gesproke, n2𝑛2\frac{n}{2} stappe gevind kan word. Dis sommer kinderspeletjies en kon dalk baie erger gewees het, soos n2superscript𝑛2n^{2} of selfs 2nsuperscript2𝑛2^{n} stappe. Tog is daar selfs in hierdie geval ’n beduidende tydsbesparing moontlik met Grover se kwantumalgoritme (1996) vir ’n soektog in ’n ongestruktureerde databasis, wat die antwoord in n𝑛\sqrt{n} stappe kan kry. Hoe groter n𝑛n word, hoe groter is die verskil tussen n𝑛n en n𝑛\sqrt{n}.

’n Ander funksie wat relatief maklik berekenbaar is, is vermenigvuldiging, :×\ast:{\mathbb{N}}\times{\mathbb{N}}\rightarrow{\mathbb{N}}. Terloops, die algoritme om twee natuurlike getalle (of rasionale getalle met ’n eindige desimale voorstelling) te vermenigvuldig wat ons op skool geleer het, is nie eens die mees suinige nie! Maar die omgekeerde van vermenigvuldiging, (priem)faktorontbinding, is erg tydrowend. Alle bekende klassieke algoritmes hiervoor se aantal stappe groei eksponensieel, ansuperscript𝑎𝑛a^{n}, in die lengte n𝑛n van die getal se syfervoorstelling. Maar, soos hier onder bespreek, kan Shor se kwantumalgoritme (1994) vir priemfaktorontbinding, die aantal stappe beperk deur ’n polinoomfunksie van n𝑛n, wat volgens konvensie, die taak haalbaar (”tractable”) maak. Daar is dus voorbeelde van berekeningsprobleme wat klassiek onhanteerbaar word vir groot invoerlengte, maar wat haalbaar is vir kwantumberekening. Ons het egter reeds gewys op die ingenieursprobleme om kwantumalgoritmes fisies te verwesenlik. As voorbeeld kan ons noem dat IBM in 2001 ’n eendoelige kwantumrekenaar met 7 kwabisse gebou het, wat met Shor se algoritme 153×5maps-to153515\mapsto 3\times 5 korrek kon uitvoer.

Ons beskou nou die plek van kwantumberekening binne die klassieke teorie van berekening. ’n Probabilistiese Turing-masjien (PTM) is ’n masjien waar vir elke interne toestand van die masjien en toestand van die band nie één nie, maar meerdere (tog, eindig veel) oorgangreëls gedefinieer is, met ’n gepaardgaande waarskynlikheidsverdeling oor dié oorgangreëls. Daar word gewoonlik ’n vaste vertrouensvlak p>12𝑝12p>\frac{1}{2} gekies (sê maar 2323\frac{2}{3}) en indien ’n spesifieke PTM vir elke spesifieke invoer x𝑥x die afvoer a(x)𝑎𝑥a(x) met waarskynlikheid streng hoër as die vertrouensvlak bereken, dan sê ons dat dié PTM die funksie f𝑓f, met f(x)=a(x)𝑓𝑥𝑎𝑥f(x)=a(x) vir alle x𝑥x, bereken.

Dit is duidelik dat ’n mens sonder verlies aan algemeenheid kan aanneem dat elke waarskynlikheidsverdeling oor dié oorgangreëls slegs rasionale waardes aanneem. Dan kan ons sien dat enige funksie wat deur ’n PTM bereken word ook deur ’n tradisionele Turing-masjien (TM) bereken kan word deur eenvoudig alle moontlike rekenpaaie stelselmatig te deurloop, totdat bevind word dat vir ’n spesifieke invoer x𝑥x die nagebootste masjien die afvoer f(x)𝑓𝑥f(x) gee met waarskynlikheid minstens p𝑝p. Die vertrouensvlak in ’n uitkoms kan altyd verhoog word tot ’n willekeurige vlak deur die berekening te herhaal. Die resulterende vertrouensvlak van die saamgestelde bewerkings hang nie af van die grootte van die invoer x𝑥x nie en derhalwe is ’n PTM-berekening niks om op neer te kyk nie!

By probabilistiese algoritmes word onderskei tussen algoritmes van die Las Vegas- en die Monte Carlo-tipe. ’n Monte Carlo-algoritme sluit die berekeningsproses altyd binne ’n redelike tydsverloop af, maar gee met kleinerige waarskynlikheid ’n verkeerde antwoord. Die algoritmes van die Las Vegas-tipe gee nooit ’n verkeerde antwoord nie, maar gaan met klein waarskynlikheid in ’n oneindige rekenproses in. Indien ’n vinnig algoritme van die Monte Carlo-tipe vir ’n spesifieke probleem bestaan en antwoorde kan maklik nagegaan word vir korrektheid, dan is ’n mens eintlik tevrede, want die algoritme kan eenvoudig herhaaldelik toegepas word totdat die regte antwoord verkry word. Die gemiddelde aantal herhalings nodig is min en hang af slegs van die waarde van die foutwaarskynlikheid en nie van die moeilikheidsgraad van die oorspronklike probleem nie. Die berekenings van ’n PTM, soos hierbo gedefinieer, is—netsoos kwantumberekenings—van die Monte Carlo-tipe.

Dit is nie moeilik om in te sien dat die werking van ’n kwantumrekenaar asook dié van ’n PTM deur ’n klassieke Turing-masjien nageboots kan word nie, en derhalwe kan ’n kwantumrekenaar geen funksie bereken wat nie ook in beginsel deur ’n TM bereken kan word nie. Paul Benioff het in 1982 aangetoon dat daar vir ’n TM ook ’n kwantum-model bestaan en gevolglik is die klas van funksies wat deur ’n universele TM bereken kan word identies met dié wat deur ’n universele kwantummasjien bereken sal kan word. Die natuurlik vraag is dan waarom mens sigself dan met kwantumberekening sou besig hou. Die antwoord is eenvoudig: spoed.

In die studie van berekeningskompleksiteit (soos algemeen gebruik in rekenaarwetenskap, wiskunde, toegepaste wiskunde en in operasionele navorsing) word ’n algoritme vir ’n funksie f𝑓f doeltreffend genoem indien die aantal primitiewe berekeningstappe444In die geval van ’n TM is dít eenvoudig die aantal stappe wat die masjien uitvoer. wat uitgevoer moet word om f(x)𝑓𝑥f(x) te bereken vir ’n bepaalde x𝑥x begrens kan word vir alle x𝑥x deur ’n enkele polinoomfunksie van die lengte van die invoer. Die klas van haalbare probleme, waarvoor daar ’n doeltreffende algoritme bestaan, word gewoonlik met P aangedui.

Die krag van algoritmes wat van die toeval gebruik maak, soos vir ’n PTM, het aan die wetenskaplike gemeenskap dramaties duidelik geword in 1976 toe die Miller-Rabin-toets vir primaliteit bekend gemaak is. Die Miller-Rabin-toets het vir die eerste keer ’n doeltreffende probabilistiese algoritme gegee waarmee bepaal kon word (tot op die onafwendbare klein onsekerheid) of ’n gegewe heelgetal n𝑛n priem is al dan nie. In die klassieke berekening was dit op daardie stadium nie moontlik om primaliteit doeltreffend te bepaal nie: die naïewe algoritme, byvoorbeeld, moet n2𝑛2\frac{n}{2}—wat nié ’n polinoomfunksie van die lengte van n𝑛n is nie555In die binêre alfabet, byvoorbeeld, is die lengte van n𝑛n natuurlik log2nsubscript2𝑛\log_{2}n en n2=2log2n1𝑛2superscript2subscript2𝑛1\frac{n}{2}=2^{\log_{2}n-1}.—natuurlike getalle ondersoek vir deelbaarheid in n𝑛n. Gelukkig—of ongelukkig—het professor Manindra Agarwal van die Indian Institute of Technology Kanpur en twee van sy studente, Nitin Saxena en Neeraj Kayal, in Augustus 2002 bekendgemaak dat hulle ’n doeltreffende deterministiese primaliteitstoets ontdek het. Hierdie resultaat is intussen deur die wiskundige gemeenskap getoets en aanvaar.

Daar bestaan egter steeds probleme waarvoor die beste algoritmes wat bekend is probabilisties is en werklik die toeval (Engels: randomness) uitbuit. Seker die mees bekende is Quicksort, ’n algoritme vir die sorteer van items in ’n lys, wat ’n daadwerklike versnelling bo sy deterministiese eweknie bied (hoewel dit met lae waarskynlikheid ’n verkeerde resultaat gee). Ook in grafiekteorie word met vrug van probabilistiese algoritmes gebruik gemaak.

Beskou die probleem van ontbinding van ’n (groot) natuurlike getal in priemfaktore. Die aanname dat dié taak vir ’n hedendaagse rekenaar (asook op die medium termyn) moeilik oplosbaar is vir ’n groot invoer is, byvoorbeeld, die grondslag vir die RSA-enkripsieskema waarop ’n rits kommunikasie-protokolle steun. Peter Shor het in 1994 ’n kwantumalgoritme vir priemfaktorisering voorgestel. Shor se algoritme ontbind (met klein, begrensde, waarskynlikheid van ’n fout) die heelgetal wat ingevoer word in priemfaktore in ’n aantal stappe wat deur ’n polinoomfunksie in die invoerlengte van bo begrens word. In die klassieke berekening ken ons geen polinoomtydalgoritme vir priemontbinding nie en baie wetenskaplikes glo dat daar geen polinoomtydalgoritme vir hierdie probleem bestaan nie. Terloops, die foutmoontlikheid vir Shor se algoritme is nie baie belangrik nie omdat die korrektheid van ’n priemontbinding vinnig nagegaan kan word… deur die tentatiewe faktore te vermenigvuldig. Só ’n probleem, waarvan ’n vermeende antwoord doeltreffend nagegaan kan word, behoort tot die klas NP van probleme waarvan ’n oplossing in polinoomtyd geverifieer kan word.

Één voorbeeld van só ’n probleem is die Handelsreisiger-beslissingsprobleem (HRP). Die doel van dié probleem is om te bepaal, gegee ’n x𝑥x, of daar ’n sirkelroete bestaan wat elkeen van ’n gegewe aantal stede besoek indien die stede en die afstande tussen elkaar bekend is, met totale lengte korter as x𝑥x. Dié probleem is in NP omdat ’n mens, gegee ’n sirkelroete-kandidaat, natuurlik maklik kan toets of die roete korter is as x𝑥x al dan nie! ’n Kwantumalgoritme vir HRP sou ’n sensasionele ontdekking wees, want HRP is bekend NP-volledig666’n Polinoomtydoplossing vir HRP sal ons toelaat om enige NP-probleem in polinoomtyd op te los.—anders as priemfaktorisering wat vermoedelik nie is nie. Kwantum-heuristieke (nie kwantumalgoritmes soos hier gespesifiseer) vir HRP is al voorgestel, maar daar bestaan ook klassieke heuristieke vir hierdie probleem.

Shor se algoritme sou ’n instansie kon wees waar ’n kwantumalgoritme vinniger is as die beste klassieke algoritme vir dieselfde probleem—maar net indien PNPPNP\mbox{\bf P}\neq\mbox{\bf NP} en indien priemfaktorisering buite P lê. Beide van hierdie veronderstellings is waarskynlik korrek, maar steeds en sekerlik nog vir geruime tyd onbewese. Die Deutsch-Jozsa-algoritme en Grover se algoritme vir die soektog deur ’n ongeordende lys is egter sonder twyfel (asimptoties) vinniger as hul klassieke eweknieë. Dit is natuurlik belangrik om uit te wys dat elke probleem wat in polinoomtyd deur ’n klassieke algoritme opgelos word, wel ook in polinoomtyd deur ’n kwantumalgoritme opgelos kan word, soos in 1992 aangetoon deur André Berthiaume en Gilles Brassard.

Soos wat Richard Feynman in 1982 uitgewys het, is daar kwantumstelsels wat nie deur klassieke rekenaars nageboots kan word sonder eksponensiële tydsvertraging nie, maar hierdie probleme is nie van die NP-tipe nie. Die vermoede bestaan onder rekenaarwetenskaplikes dat die klas van probleme wat in polinoomtyd deur kwantummasjiene opgelos kan word, BQP, groter is as die ooreenstemmende klas vir PTM’e, BPP, maar daar bestaan geen bewys hoegenaamd daarvan nie. Trouens, die bevatting

𝐏𝐁𝐏𝐏𝐁𝐐𝐏𝐍𝐏𝐏𝐁𝐏𝐏𝐁𝐐𝐏𝐍𝐏{\bf P}\subseteq{\bf BPP}\subseteq{\bf BQP}\subseteq{\bf NP}

herinner ons dat 𝐁𝐏𝐏𝐁𝐐𝐏𝐁𝐏𝐏𝐁𝐐𝐏{\bf BPP}\neq{\bf BQP} sal impliseer 𝐏𝐍𝐏𝐏𝐍𝐏{\bf P}\neq{\bf NP}, wat nie net ’n groot mylpaal in die toegepaste wiskundige wetenskappe sal wees nie, maar ook vir die outeur(s) van ’n veronderstelde bewys ’n $1miljoen-prys777Van die Clay-instituut, http://www.claymath.org/. sal losslaan.

Kwantumstelsels kan sekere vorme van kriptografie implementeer wat nie klassiek moontlik is nie, byvoorbeeld die uitruil van geheime sleutels oor ’n oop kommunikasiekanaal. Dít laat ’n mens toe om in beginsel boodskappe in absolute geheimhouding uit te ruil, omdat die uitruilstelsel enige poging tot afluistering kan ontdek as gevolg van kwantum-verstrengeling. Hierdie onderwerp, hoewel geweldig interessant en nuttig, is egter slegs raaklynig verwant aan kwantumberekening soos hier bespreek.

Enkele berekeningstake

Taak Voorbeeld Klassieke- teenoor kwantumberekening
Berekening van ’n funksie f𝑓f (deur middel van ’n formule, byvoorbeeld). Gegee x𝑥x, bereken sinx𝑥\sin x. Kwantumalgoritmes is nie spesifiek beter of slegter as in klassieke berekening nie.
Probleemoplossing—gegee f(x)𝑓𝑥f(x), vind x𝑥x of soortgelyk. Gegee ’n saamgestelde getal, bepaal die priemfaktore daarvan. Kwantumberekening skyn daar ’n baie duidelike voordeel in te hou.
Bewysbevestiging—bevestig of die invoer ’n waar stelling is al dan nie Gegee ’n heelgetal, voer ”saamgestelüit indien die invoer nie priem is nie. In sommige gevalle is kwantumberekening eenvoudiger en meer kragtig as klassieke algoritmes.
Kansgetalvoortbringing Vind ’n kansgetal met ’n gespesifiseerde verdeling, byvoorbeeld ’n heelgetal ewekansig verdeel in ’n interval. Kwantumalgoritmes kan ware kansgetalle voortbring en gebruik in teenstelling met klassieke algoritmes, wat beperk is tot pseudo-ewekansigheid.
Simulasie van ’n fisiese stelsel Nabootsing van ’n kwantumstelsel in fisika. In sekere gevalle, byvoorbeeld vir ’n kwantumstelsel, is die krag van kwantumberekening baie groter.

9 SLOTSOM

Die chronologie van enkele hoogtepunte in die kwantumberekening lyk só:

1973 Charles Bennett beskryf ’n omkeerbare Turing-masjien.
1980 Paul Benioff wys daarop dat die omkeerbaarheid van kwantumevolusie (dit is nou, voor die metingsingryping) impliseer dat rekentoestelle wat op kwantummeganiese beginsels gebaseer is ook omkeerbaar sou moes word.
1980 In ’n handboek van Yuri Manin word die idee van ’n kwantumrekentoestel aangeroer.
1982 Richard Feynman opper die gedagte dat ’n rekenaar gebaseer op kwantumbeginsels nodig sal wees vir die effektiewe simulasie van kwantumprosesse.
1985 David Deutsch beskryf ’n kwantummeganiese Turing-masjien.
1992 Die Deutsch-Jozsa-algoritme word beskryf.
1994 Peter Shor skep die kwantum-algoritme vir priemfaktorisering.
1994–5 Berthiaume, Deutsch en Jozsa en Shor beskryf ontwerpe vir kwantumfoutkorreksie.
1996 Lov Grover se kwantumdatabasissoekalgoritme verskyn.
2001 By IBM se Almaden-navorsingsentrum word Shor se algoritme vir die eerste keer prakties geïmplementeer—die natuurlike getal 15 word suksesvol gefaktoriseer deur ’n kwantummasjien.

Hoewel kwantumberekening ’n heerlike nuwe werktuig vir berekening is en moontlik ongekende algoritmiese hulpbronne sal voortbring, stel dit nie ’n nuwe vorm of definisie van berekening daar nie. ’n Mens sou dit kon vergelyk met die invoer van die stoomtrein in die negentiende eeu: ten spyte van ongekende voordele van spoed, gerief en koste, het dit geen nuwe roetes oopgemaak nie. (Terloops, op die gebied van vervoer sou slegs seevaart en ruimtevaart (insluitend lugvaart) kwalifiseer vir dié eer!)

Die hoofuitdagings en -geleenthede in kwantumberekening lê in:

  • verdere teoretiese werk oor die grondslae van die kwantumfisika en voortspruitende konseptuele en praktiese probleme van kwantumberekening;

  • ingenieurswerk—die bou van beter werkende kwantumrekentoestelle;

  • algoritmes—die ontwerp van nuwe en interessante algoritmes, veral waar kwantumberekening ’n duidelike voordeel bo klassieke berekening toon; en

  • die oplos van die probleem P?NPsuperscript?PNP\mbox{\bf P}\neq^{?}\mbox{\bf NP}, wat die relatiewe krag van kwantumberekening in perspektief sou stel.

DANKBETUIGING

Ons bedank ’n keurder vir waardevolle opmerkings en wenke, waardeur ons dié artikel beduidend kon verbeter.

10 GEANNOTEERDE BIBLIOGRAFIE

Algemene boeke oor kwantumfisika

  • Bes, D.R. (2004). Quantum Mechanics: A Modern and Concise Introductory Course (Springer-Verlag, Berlin & Heidelberg).

    ’n Bondige (200 bladsye) inleiding tot die kwantummeganika—wiskundige eksak, maar beklemtoon begripmatige helderheid. Een kort hoofstuk (16 bladsye) handel oor aspekte wat kwantumberekening raak.

  • Davies, P.C.W. (1987). Quantum Mechanics (Routledge and Kegan Paul, London).

    Slapband-inleiding tot kwantummeganika—nie besonder wiskundig veeleisend nie—deur dié bekende outeur.

  • Dirac, P.A.M. (1982). The Principles of Quantum Mechanics (Oxford University Press, Oxford; oorspronklik verskyn in 1930).

    Meesterwerk van Paul Dirac en goeie inleiding tot kwantummeganika. Dié boek, wat die outeur op 28-jarige ouderdom die lig laat sien het, het in sy derde uitgawe in 1947 die moderne bra-ket-notasie, wat ons ook in hierdie artikel gebruik, ingevoer.

  • Ghirardi, G. (2000). Beyond conventional quantum mechanics, pp. 79-116 in Ellis, J., Amati, D. (eds.) (2000). Quantum Reflections (Cambridge University Press, Cambridge).

    In die navorsingsprogram van Ghirardi, Rimini, Weber en andere word die kwantummeganika uitgebrei met ’n omstrede postulaat oor die spontane stogastiese dekoherensie van stelsels. Die frekwensie van verval van verstrengeling neem toe met die aantal komponente van die stelsel, wat potensieel ’n probleem skep vir ’n groot kwantumrekenaar.

  • Schommers, W. (ed.) (1989). Quantum Theory and Pictures of Reality, (Springer-Verlag, Berlin).

    Hoofstuk 1, Evolution of Quantum Theory, gee in 48 bladsye ’n netjiese oorsig van die ontstaan en beslag van die kwantumteorie gedurende die eerste kwart van die twintigste eeu, met aandag aan die verband met klassieke meganika.

Agtergrond en inleiding tot kwantumberekening

  • Bennett C.H. (1973). Logical Reversibility of Computation, IBM Journal of Research and Development. Beskikbaar aanlyn:- http://www.aeiveos.com/~bradbury/Authors/Computing/Bennett-CH/ [Toegang op 2003-10-31].

    Die eerste beskrywing van ’n omkeerbare Turing-masjien.

  • Bennett, C.H. (1988). Notes on the history of reversible computation, IBM Journal of Research and Development, 32 (1), 16–23.

    Bennett het in 1973 as eerste ’n omkeerbare Turing-masjien beskryf. Hy gee ’n oorsig van die termodinamika van inligtingsverwerking tot by die omkeerbare kwantumberekening.

  • Deutsch, D. (1998). The Fabric of Reality (Penguin Books, London).

    ’n Uiteensetting van die idiosinkratiese filosofie van een van die hooffigure in kwantumberekeningsteorie. Dit gaan oor evolusie, kennis, wiskunde en fisika, met ’n hoofstuk oor kwantumrekenaars, waarin hy die omstrede siening huldig dat ’n kwantumberekening eintlik ’n ontsaglike aantal ”klassieke”berekenings in interaktiewe parallelle heelalle (die ”multiversum”) is.

  • Gudder, S. (2003). Quantum computation, The American Mathematical Monthly, March 2003, 181–201. As voordruk aanlyn beskikbaar:- http://www.math.du.edu/data/preprints/m0310.pdf [Toegang 2004-11-29].

    ’n Elementêre inleiding tot die onderwerp—soortgelyk aan dié bydrae, maar bespreek ook Grover se algoritme.

  • Johnson, G. (2004). A Shortcut through Time. The Path to the Quantum Computer (Vintage, London).

    ’n Begripsmatig toeganklike en helder inleiding wat lekker lees. Die proses van kwantumberekening en die onderliggende fisika word so goed verduidelik as wat moontlik is sonder wiskunde.

  • Mermin, D.N. (2003). Copenhagen computation, Studies in History and Philosophy of Science Part B: Studies in History and Philosophy of Modern Physics, 34(3), 511–522.

    Die kwantummeganika wat nodig is om kwantumberekening te verstaan, word uiteengesit ooreenkomstig die sogenaamde ”Kopenhagen-interpretasie”van kwantumfisika van Bohr, Heisenberg, Born, Von Neumann en andere. Ons dek dié materiaal in 4 en 5.

  • Mermin, D.N. (2003). From Cbits to Qbits: Teaching computer scientists quantum mechanics, American Journal of Physics, 71 (1), 23–30. Voordruk aanlyn beskikbaar:- http://za.arxiv.org/abs/quant-ph/0207118 [Toegang op 2004-11-28].

    ’n Soortgelyke aanslag as in ”Copenhagen computation”hierbo.

  • Valiev, K.A. (2005). Quantum computers and quantum computations, Physics-Uspekhi , 48(1), 1–36. Aanlyn beskikbaar:- http://www.turpion.org/php/paper.phtml?journal˙id=pu&paper˙id=2024 [Toegang 2005-07-10].

    ’n Inleidende oorsig, soortgelyk aan hierdie bydrae, met besondere aandag aan die voorkoming van dekoherensie en aan kwantumfoutkorreksie.

  • http://en.wikipedia.org/wiki/Quantum˙computer

    Die gratis ensiklopedie wat deur sy gebruikers geskryf word se inskrywing oor kwantumberekening—’n goeie, kort oorsig oor die onderwerp. [Toegang op 2004-11-28].

  • http://www.qubit.org/

    Webwerf met inleidende materiaal, van die Centre for Quantum Computation waar David Deutsch ook werk.[Toegang op 2004-11-28].

  • http://www.turing.org.uk/turing/

    ’n Webwerf oor Turing-masjiene, versorg deur Andrew Hodges, skrywer van die uitstekende biografie
    Hodges, A. (1985). Alan Turing: The Enigma of Intelligence (Unwin Paperbacks, London); met ander uitgawes as Alan Turing: The Enigma. [Toegang op 2004-11-29].

Gevorderde oorsigte van kwantumberekening

  • Bouwmeester, D., Ekert A., Zeilinger, A. (eds.) (2000). The Physics of Quantum Information: Quantum Cryptography, Quantum Teleportation, Quantum Computation (Springer-Verlag, Berlin & Heidelberg).

    ’n Omvattende gevorderde werk, met besondere aandag aan eksperimentele werk.

  • Gruska, J. (1999). Quantum Computing (McGraw-Hill, London).

    Boek wat deurgaans opdateer word op http://www.fi.muni.cz/usr/gruska/quantum/update.html [toegang op 2004-11-29] met byvoegings en korreksies.

  • Heiss, W.D. (2002). Fundamentals of quantum information, Lecture Notes in Physics 68 (Springer-Verlag, Berlin & Heidelberg).

    Verrigtinge van die 13de Chris Engelbrecht-Somerskool in Teoretiese Fisika, Devon Valley, Stellenbosch, Januarie 2001.

  • Ono, Y.A., Fujikawa, K. (eds.) (2002). Foundations of Quantum Mechanics in the Light of new Technology (Proceedings of the 7th International Symposium on Foundations of Quantum Mechanics, ISQM-Tokyo’01) (World Scientific Publishing, Singapore).

    Binne die hooftema van dié konferensie, Kwantumkoherensie en -Dekoherensie, was tegnologiese vooruitgang se betekenis vir die grondslae en die toepassing van kwantummeganika in die brandpunt. Kwantumberekening en -inligting en die gepaardgaande ingenieursprobleme en -oplossings word uitvoerig belig.

  • Kitaev, A.Yu., Shen, A.H., Vyalyi, M.N. (2002). Classical and Quantum Computation (American Mathematical Society, Providence, Rhode Island).

    ’n Gevorderde werk wat wyd strek, o.a. met ’n hoofstuk oor kwantumalgoritmes vir probleme in the teorie van Abelse groepe.

  • Lo H., Popescu S., Spiller T., (eds.) (1998) Introduction to Quantum Computation and Information (World Scientific Publishing, Singapore).

    Boek gebaseer op ’n lesingreeks by Hewlett-Packard Labs se Basic Research Institute in the Mathematical Sciences (BRIMS), in Bristol tussen November 1996 en April 1997. Sien veral Popescu, S., Rohrlich, D. se ”The Joy of Entanglementën bydraes deur Bennett, Chuang, Jozsa e.a.

  • Macchiavello, C., Palma, G.M., Zeilinger, A. (eds.) (2001). Quantum Computation and Quantum Information Theory (World Scientific Publishing, Singapore).

    Herdrukke van meer as 50 belangrike artikels word in één handige bron byeengebring. Al die aspekte wat ons bespreek, word aangeraak.

  • Nielsen, M.A., Chuang I.L. (2000). Quantum Computation and Quantum Information (Cambridge University Press, Cambridge).

    ’n Omvattende gevorderde standaardwerk, met ’n insiggewende inleiding.

  • Steane, A.M. (1998). Quantum computing, Reports on Progress in Physics, 61, 117–173. Aanlyn beskikbaar:- http://xxx.lanl.gov/abs/quant-ph/9708022 [Toegang op 2004-11-28].

    Hierdie oorsigartikel dek nie alleen kwantumberekening nie, maar ook ander aspekte van die fisika van kwantuminligting, soos kwantumverplasing.

  • http://www.vcpc.univie.ac.at/~ian/hotlist/qc/research.shtml

    ’n Omvattende lys van navorsing oor kwantumberekening en verwante sake, ingedeel volgens lande [Toegang op 2005-06-14].

Aanvange, uitvoerbaarheid en voordele van kwantumberekening

  • Brown, L.M. (ed.) (2000). Selected Papers of Richard Feynman with Commentary (World Scientific Publishing, Singapore).

    Deel VII van die boek—”Computer Theory—bevat Feynman se artikels oor kwantumberekening.

  • Deutsch, D. (1985). Quantum theory, the Church-Turing Principle, and the universal quantum computer, Proceedings of the Royal Society of London, A400, 96–117. Aanlyn beskikbaar:- http://www.qubit.org/oldsite/resource/deutsch85.pdf[Toegang op 2004-11-28].

    David Deutsch beskryf hierin vir die eerste maal ’n kwantummeganiese Turing-masjien, ja—meer omstrede—’n universele kwantumrekenaar.

  • Deutsch, D., Hayden, P. (1999). Information flow in entangled quantum systems, Proceedings of the Royal Society of London, A456, 1759–1774.

    Redeneer dat inligting in kwantumstelsels gelokaliseerd is, Bell se Stelling ten spyt.

  • Di Vincenzo, D.P. (1995). Two-bit gates are universal for quantum computation. Physical Review A, 51 (2), 1015–1022.Aanlyn beskikbaar:- http://citeseer.ist.psu.edu/divincenzo95twobit.html [Toegang op 2004-11-05].

    Daar word bewys dat kwantumhekke wat op slegs twee kwabisse inwerk voldoende is om ’n algemene kwantumstroombaan op te bou.

  • Feynman, R. (1982). Simulating physics with computers. International Journal of Theoretical Physics, 21 (6&7), 467–488. Aanlyn beskikbaar:- http://citeseer.ist.psu.edu/feynman82simulating.html [Toegang op 2004-11-05].

    Een van Feynman se bekende baanbreker-artikels oor die fisika van berekening.

  • Feynman, R.P. (1986). Quantum mechanical computers, Foundations of Physics, 16, 507–531.

    ’n Meer gedetailleerde uiteensetting van sy idees.

  • Feynman, R.P. (2000). The Feynman Lectures on Computation (Perseus Publishing, New York; oorspronklik in 1996, Addison Wesley, Reading, Massachusetts).

    Hy bespreek klassieke berekening en rekenaars, kodering en inligtingsteorie, omkeerbaarheid en die termodinamika van berekening, en kwantumberekening en -rekenaars.

  • Jozsa, R. and Linden, N. (2003). On the role of entanglement in quantum computational speed-up, Proceedings of the Royal Society of London, A459 (2036), 2011–2032.

    Verduidelik die wesenlike rol van verstrengeling in parallelle prosessering en gevolglike tydsbesparing.

  • Lloyd, S. (23 Augustus 1996). Universal quantum simulators, Science, 273(5278), 1073–1078.

    Lloyd bevestig die teoretiese steekhoudendheid van Feynman (1982) se simulering van kwantumstelsels deur kwantumrekenaars.

  • Potgieter, P.H. (2004). Die voorgeskiedenis van kwantumberekening, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 23 (1/2), 2–6.

    Kort maar omvattende oorsig oor die ontstaan van die idees in kwantumberekening, met die klem op verwikkelings in die Sowjet-Unie.

  • http://kh.bu.edu/qcl/

    Argief van beduidende artikels oor kwantumberekening, instandgehou deur Tom Toffoli en Zac Walton. Baie artikels afgetas uit die oorspronklike bronne.

Kwantumalgoritmes

  • Deutsch, D., Jozsa, R. (1992). Rapid solutions of problems by quantum computation, Proceedings of the Royal Society of London, A439, 553–558.

    Die Deutsch-Jozsa-algoritme wat in 6 bespreek word.

  • Ekert, A. en Jozsa, R. (1996). Shor’s quantum algorithm for factoring numbers, Reviews of Modern Physics, 68, 733–753.

    ’n Redelik toeganklike uiteensetting van Shor se faktoriseringsalgoritme.

  • Grover, L. (1996). A fast quantum mechanical algorithm for database search, Proceedings of the 28th Annual ACM Symposium on Theory of Computing, 212–219. Aanlyn beskikbaar:- http://za.arxiv.org/abs/quant-ph/9605043 [Toegang op 2004-11-28].

    Grover se Algoritme om ’n item in ’n ongestruktureerde databasis met n𝑛n items in n𝑛\sqrt{n} stappe te vind. ACM is die Association for Computing Machinery.

  • Shor, P.W. (1997). Polynomial-time algorithms for prime factorization and discrete logarithms on a quantum computer, SIAM Journal on Computing, 26 (5), 1484–1509.

    SIAM is die Society for Industrial and Applied Mathematics. Dis ’n verbeterde en uitgebreide weergawe van die artikel uit 1994 waarin Shor se Algoritme oorspronklik beskryf is.

  • Vandersypen, L.M.K. et al. (2000). Implementation of a three-quantum-bit search algorithm, Applied Physics Letters, 76 (5), 646–648.

    Klein verwerkliking van Grover se soekalgoritme vir ongestruktureerde databasisse met ’n molekulêre kwantumrekenaar met 3 kwabisse.

  • Vandersypen, L.M.K. et al. (20/27 Desember 2001). Experimental realization of Shor’s quantum factoring algorithm using nuclear magnetic resonance, Nature, 414 (6866), 883–887.

    Verwerkliking van die priemfaktorisering 15=3×5153515=3\times 5 met Shor se Algoritme op ’n eendoelige kwantumrekenaar met 7 kwabisse.

Kwantumfoutkorreksie

  • Berthiaume, A., Deutsch, D., Jozsa, R. (1994). The stabilisation of quantum computations, Proceedings of the Workshop on Physics and Computation, PhysComp94, (IEEE Computer Society, Los Alamitos, California), 60–62.

    Een van die eerste publikasies nadat die teoretiese insig deurgebreek het dat foutkorreksie vir kwantumberekening moontlik is.

  • Knill, E. et al. (2001). Bench-marking quantum computers: The five-qubit error correcting code, Physical Review Letters, 86(25), 5811–5814.

    Manny Knill en andere het dié eksperiment met kernmagnetiese resonansie by Los Alamos uitgevoer. Binne een molekuul is een kwabis verstrengel met vier ander. Met fynontwerpte opeenvolgende elektromagnetiese pulse is ’n doelbewuste fout ingevoer, opgespoor en gekorrigeer.

  • Shor, P.W. (1995). Scheme for reducing decoherence in quantum computer memory, Physical Review A, 52 (4), 2493–2496.

    Vroeë werk oor foutkorreksie in kwantumberekening.

  • Steane, A.M. (1996). Error correcting codes in quantum theory, Physical Review Letters, 77(5), 793–797.

    Die outeur bring die basiese kwantumteorie in verband met die klassieke inligtingsteorie.